Wednesday, September 3, 2014

Wolpryse Vertoon Sterker


Port Elizabeth – Die wolprys het die afgelope week gestyg en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,5% gestyg en op R113,32/kg (skoon) gesluit. Hoewel dit 1,5% hoër is as die openingsveiling, het pryse gedaal met 2,3% teenoor die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen.

Die sterker mark weerspieël die positiewe globale sentiment en die Australiese mark styg met 1,0% die week. Kopers skryf huidige wolpryse toe aan stewige vraag vir goeie gehalte Suid-Afrikaanse Merinowol uit alle sektore van die bedryf.
Die rand het 0,3% teenoor die Amerikaanse dollar verswak vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige week se veiling en het gesluit op R10,69. Dit was ‘n taamlike groot aanbieding van 13 229 bale waarvan 99% verkoop is. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (4 072), Lempriere SA (3 292), Stucken & Co (2 642) en G Modiano SA (1 647).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron styg met 3,7% tot R125,43/kg, 19 mikron versterk met 0,5% tot R118,51/kg, 20 mikron styg met 2,0% en sluit op R114,33/kg, 21 mikron versterk met 1,4% en sluit op R111,82/kg en 22 mikron styg met 2,6% tot R111,80/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 10 September wanneer sowat 9 800 bale aangebied sal word.

No comments:

Post a Comment