Thursday, April 16, 2015

Suid-Afrikaanse Wolmark Versterk


Port ElizabethDie wolmark het vandeesweek sterker vertoon en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,1% gestyg en op R113,45/kg (skoon) gesluit. Dit is 1,6% hoër as op die openingsveiling en 8,3% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen. Op die Australiese mark het die aanwyser met 3,1% teruggesak. Die Cape Wools Alle Wol aanwyser styg met 1,7%.
Wolveilings het hervat na die Paasreses en plaaslike handelaars het opgemerk dat die verminderde wolvoorraad voordelig is vir wolprodusente wat beter kwaliteit wol aanbied. Die kopers meen hierdie toename was ondersteun deur die swakker Rand en het opgemerk dat daar ‘n ferm vraag vir goeie gehalte lang Merinowol vanuit China was.
Die Rand teen 12,08 was sowat 2,5% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige week se veiling en teen R12,82, sowat 1,6% sterker teenoor die Euro. ʼn Verkoopspersentasie van 99% is bereik van die 11 949 bale wat op die veiling aangebied was.
Die grootste kopers op die veiling was G Modiano SA (3 887), Standard Wool SA (2 887), Lempriere SA (2 513) en Stucken & Co (1 088).
Die weeklikse prysmandjie, beperk tot AWEX tipe MF5, 70-80mm, VM<=2% wol alleenlik, se gemiddelde prys beweging was as volg: 18 mikron styg met 3,9% tot R125,75/kg, 18,5 mikron versterk met 2,2% tot R121,91/kg, 19 mikron versterk met 2,6% tot R117,64/kg, 19,5 mikron versterk met 2,4% tot R114,50/kg, 20 mikron styg met 2,7% en sluit op R113,21/kg, 20,5 mikron styg met 2,3% en sluit op R112,02/kg, 21 mikron versterk met 2,6% en sluit op R110,41/kg, 21,5 mikron was onveranderd op R107,64/kg en 22 mikron styg met 0,6% tot R107,64/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 22 April wanneer sowat 5 400 bale aangebied sal word. 

No comments:

Post a Comment