Wednesday, October 24, 2018

Sericea Lespedeza - Armmanslusern


Sericea  Lespedeza
Sericea, also known as Poor man’s lucerne, is gaining rapidly in popularity amongst SA farmers who require low-cost legume pastures.  Unlike lucerne, Sericea does not require costly soil mineral corrections – this is how it earned the poor man label.  Another very important characteristic, also unlike lucerne, is that animals do not bloat on Sericea.  Sericea grows very satisfactorily on run-down old lands and will even produce valuable grazing and hay on shallow soils. Liming is rarely required but Phosphorus is needed when soil levels are extremely low in this all-important energy mineral.  The other great advantage of Sericea is that it makes protein rich and very palatable hay – far superior to the average quality hay farmers make from Eragrostis.  Moreover the hay can be baled four hours after cutting on a hot and dry day.   Sericea makes ideal sheep pasture but it is good for cattle too, provided it grazed at a young stage.  Sericea’s biggest drawback is the fact that most farmers find that it takes at least three years for it to become fully productive.     Early summer planting will most often result in well- developed plants that produce some seed by the end of the first season.

Hendrik Botha from the farm Harmonie in Matatiele, experienced the success of Sericea and share his experience: We as farmers are always looking for that miracle pasture that can produce effective grazing and hay on a sustainable basis.
I am excited to announce that after 30 years of farming, I have been exposed to what seems to be close to a miracle pasture.
•This pasture has become a solution to many years of expensive hay production and unstable fodder flow problems. It can be used as spring and/or autumn grazing for sheep, dairy and beef cattle and produces cheap, good quality hay. •This pasture has changed old, unproductive and marginal lands into valuable and productive units, increasing the carrying capacity of our farm phenomenally. •It has alleviated our fodder- flow problems and placed our sheep, beef and dairy enterprises on an economically sound basis.
We have never used any pesticides before or after planting – an annual foster crop may be used for sun or heat protection.
Because of the expensive management of any pasture (except sericea) we are now applying the principle of not only managing a low cost perennial legume pasture but applying the most important practical way as we farm with nature.
No cultivation is needed for any hay production or feed. 
The soil is improved naturally with the forming of humus and plenty earth worm activity, and at a very low cost.


Belangrikste aspekte van Armmanslusern:


Belangrikste aspekte van Armmanslusern:
·                      Die gewas groei suksesvol in die oostelike hoër reënval gebied in SA, minimum somer reënval 550 mm, met meer reën is produksie net beter..
·                    Wees geduldig vir die eerste tot tweede jaar na vestiging
·                    Die jaarlikse onderhoudkoste is minimaal
·                    Die gewas kan op arm en vlak grond aangeplant word
·                    Die gewas verryk die grond en verhoog veral die organiese materiaal inhoud
·                    Diere blaas nie op tydens beweiding nie
Dit wil voorkom asof beweiding van Armmanslusern neig tot minder vatbaarheid vir interne parasiete.











Skeertyd deur Josua du Toit van Ouplaas Prins Albert Hamlet Ceres










Kunstenaar Barbara Philip se uitstaande skildery. Sien haar kunswerke op haar Facebookblad of op    http://silvermere.africanpainting.com/

Skeertyd deur Josua du Toit van Ouplaas Prins Albert Hamlet  Ceres

Langwol merino’s wat teen mekaar stuit
in maalbewegings soos ‘n kabbelende spruit
groot wolstapels wat oor hul rue rol
tot uiteindelik die kraalhek
agter hul sluit.

Dis weer tyd om te skeer
Energie en opwinding laai die atmosfeer,
‘n oes gaan inkom met ‘n ryke ritueel,
‘n skouspel beloof om hier af te speel

Die skeerders skerts
Oor die voorkoms van die trop -
Swaargewigte met plooie hier en daar
Die vangkraal volgeprop,
Vasvat en styfstaan vir dae aanmekaar

Die voorman gee die teken
En hul storm die vangkraal in -
‘n stryd om die ligste vangs te win
Die skeerders het begin:
Lang rugte knak oor vaal figure
Die kommentaar gaan saam
Met die ritmiese klap van die skêre
Elk op sy eie tyd en met sy eie faam

Penswol word deur die vloerman opgeraap
Vir die stukkiestafel.
Vagvol rol af soos branders
Sonder om uit te rafel
Die witskaap is verlig
Om die skeervloer te verlaat
Terwyl geoefende oë reeds soek
Vir sy volgende maat

Intussen word die vag haastig gevat
En die wolgooier skiet dit
Soos ‘n groot karos
Op die tafel se hortjiesblad

Behendig word die rugwol en randte verwyder
Die vagwol land in die regte bak
En die wolgooier staan en wag
Met die volgnde vag

Onverpoos gaan dit voort
Skaap vir skaap, vag vir vag
die hokskaap laat ons bietjie wag en
en kry weer veslag
oor sy dightheid en sy drag

Dan word die skêre geslyp
Op ‘n klip wat saam met die skeerders reis
en weer word gewag vir die laaste man
voor die teken om te vang

Die stormloop word herhaal
en die musiekspel
van die skêre vertel
in hul eie taal
die volle verhaal

Hok vir hok tot die son gaan slaap
en die laastes getel word, skaap vir skaap
dan word die skêre  opgehang
die lootjies soos dobbelstene
gegooi, getel en aangeteken
terwyl hulle slyp met uiutgestrekte bene

Die vuur in die kookskerm brand hoog
terwyl dien kok die pap en vleis berei
word die skaapvel en komberse
op die skeerplek oopgesprei –
skeerplek, werkplek, rusplek,
nomadiese koninkryk vir hom beskik
eenvoudig soos sy toerusting
twee skêre,’n slypklip en waterblik

As die wolbakke vol loop
kom die woltrappers by
wat die wokl in ‘n pers trap
tot die baal sy vorm kry
en gepers word tot by blinkstyf dy

Die netjiese stapels skoonwit bale
is die trots van die wolkweker
en dra sy naam
die vrug van sy arbeid
met sy dankbaarheid saam-
‘n simbool van sorg en tradisie
die kleding van die mensdom sy missie

Uiteindelik is die laaste trop van hul drag bevry
en hulle klim die hange in ‘n neutvars gewaad
almal wat deelneem is bly
want ‘n taak is voltooi
die skeersel en die skape is mooi

Nou is tyd om boeke op te maak
Lootjies word getel om die loon te bepaal
Wat man vir man self kom haal
Skeerwonde was binne perk
En daar is bonus vir goeie werk

Die plaasvrou kom groet
Met ‘n stel gebreide musse
of serpe vir die skeerders
om ons saamwerk te onthou
by hul tuiste in die winterkou

Die wolkweker en die voorman groet mekaar
met ‘n ondelinge kontrakgebaar
vir die volgende skeertyd
anderkant van die jaar

Mag ons die Goeie Herder
tevrede stel
as Hy ons elke dag se lootjies tel.

Wednesday, October 17, 2018

Tips for dealing with Poisonous Plants



Inspect camps properly and on an ongoing basis for signs of poisonous plants. Know what poisonous plants are found in what camps, and when. Animals should be taken out of camps while getting rid of such plants. 
Good pasturing means that the veld is not over-utilised and good pasturing practises are applied.  Farmers should be especially careful during early spring when pasture is poor. Poisonous plants are usually the first plants to shoot, for example, gifblaar and gousiektebossies. Many poisonous plants are extremely toxic during this stage. Unfortunately, many animals prefer this attractive greenery to other not-so-attractive available food in the veld.
Gifblaar - Dichapetalum cymosum

When poisonous plants are interlaced with eatable plants, for example, Vermeerbossie and young Senecio plants, they are eaten by accident.
Animals suffering from certain mineral shortages (e.g. phosphor and calcium) can lose their natural ability to distinguish between eatable and non-eatable plants.

Overgrazing puts pressure on veld and poisonous plants take root easily. 
Sheep are primarily affected by
·         Geeldikkop
·         Poisoning by cardiac glycoside-containing plants
·         Vermeersiekte
·         Seneciosis
·         Gousiekte
·         Diplodiosis
Bitterbos takes over when veldt is over-utilized and is mainly due to ineffective veldt management. “Although it flourishes in different types of soil, it is seldom found in alkaline/brackish soil. It is found on plains and hillsides. It is an active intruder plant and associated with weakening poor veld. It is one the most important species taking over the Karoo. It usually blossoms during spring and autumn, but depending on weather conditions, can also be present during the year.
The bush often is eaten during times of pasture scarcity by adult small stock and cattle. Small amounts of bitterbos taken in with other pasture are not harmful though. Big amounts result in diarrhoea. Some animals die fast while others develop intense and even bloody diarrhoea. 


Reproductive efficiency



Sheep have the potential for multiple births.
Therefore, select #twins for replacements when possible.
With good management, mortality of twins should not be much higher than that of singles.
Measures of reproductive efficiency include age at puberty, fertility, #lambing rate, and #length of the breeding season. #Reproduction in sheep is strongly influenced by the environment. By most estimates, the heritability of reproductive rate is low, but breed differences exist. Fine-wool breeds are highly fertile and have been used successfully in crossbreeding programs to improve reproductive rate. Breeds that have been used under intensive management systems to increase lambing rate include the Finnish Landrace, Border Leicester, and Suffolk as well as Merinos, Dormers and Dohne Merinos.

Monday, February 12, 2018

Skaapboerdery – entlik maar 'n “Syferspeletjie”



Dr Dave Midgley
Al hoe meer boere is besig om meer intensief met skape onder ekstensiewe toestande te boer. Ekstensiewe boere paar intensief deur hul ooie kunsmatig te insemineer, hetsy met servikale of laparoskopiese inseminasie. Die gevolg word dan dat hulle intensief moet lam. Ander boere word as gevolg van ongediertes of van hoë lamverliese genoodsaak om intensief in lamhokkies te laat lam. Hierdie stelsels verg uiteraard hoër kapitale- en arbeidsinsette. Groter druk word op produksie geplaas a.g.v. die hoër insetkostes. En voor ons ons oë uitvee, is ons vasgevang in ‘n “kostespiraal” wat slegs met hoër produksie oorkom kan word.
Skielik moet ‘n boer sy boerdery as ‘n besigheid bedryf. Kophou, en baie somme maak!
So kom ons “speel” ‘n bietjie met SYFERS:
1 jaar het 12 maande.
2 jaar het 24 maande.
’n Skaap dra 5 maande (146 dae).
Indien ’n ooi 3 maal in 2 jaar lam, beteken dit dan dat sy elke 8 maande lam.           (3 x 8 = 24)
Om dus elke 8 maande te lam het jy 3 maande om ’n ooi in skoon, siklies en dragtig te kry.
In beeste paar ons 3 maande nadat ’n koei gekalf het, so ons weet dat dit genoeg tyd is vir ’n baarmoeder om in te herstel...
’n TKP (tussenkalfperiode) van 12 maande of 365 dae word as ideaal beskou in ’n bees.
Met dieselfde beginsel moet die ideale interlamperiode(ILP) vir ’n skaap dan 176 - 188 dae (8 maande) wees as jy met skape wil boer soos wat ’n ekstensiewe vleisboer met vleisbeeste boer.
’n Bees se baarmoeder neem ongeveer 42 dae om te herstel (vra vir ’n melkboer of kyk na die TKP’s van vleisbeeste).
42 dae is 6 weke, of dan die helfte van 3 maande.
As jy dan eerder met skape wil boer soos wat ’n melkboer met sy melkkoeie boer, kan / behoort jy hulle 42 dae na lam weer te laat dek wat ’n TLP (tussenlamperiode) of ILP (Interlamperiode) van 188 gee (146 + 42).
Involusie (die herstelproses van ’n baarmoeder) in ’n skaap neem onder normale omstandighede egter ongeveer 35 dae (effens korter as in ’n bees). Daar is heelwat goed wat dit affekteer – die kondisie van die ooi, hoeveel lammers sy gehad het (meerlingooie neem effens langer om te herstel), en dan is involusie ook vinniger in ooie wie se lam of lammers dood is. Indien ’n ooi dus op 35 dae na lam weer besit raak, is haar ILP 181 dae, en is dit derhalwe moontlik vir ’n ooi om twee keer in een jaar te lam! Of dit egter onder “normale omstandighede” volhoubaar is, is dalk ’n ander saak.
As jy dus die kudde in 2 deel om alternatiewelik elke 4 maande te lam, het jy die sg. “Halfpaarstelsel”...
Nou het jy net helfte van die ramme nodig in vergelyking met  ’n een maal per jaar of 12 maande paarstelsel (1000 ooie, 3% ramme = 30 ramme). Of te wel dan 15 ramme vir die twee 500 grootte ooigroepe, want 4 maande gee voldoende herstelkans vir die ramme tussen paartye. Jy kan dus helfte spaar op ramkoste per lam, of dubbeld begin betaal en beter ramme koop!
Kontantvloei word geweldig verbeter want elke 4 maande word lammers gebore...
Dan moet ons ook weer ’n slag kyk na die effek van meerlinge of fekunditeit.
Indien ’n ooi in die 8 maande lamstelsel twee enkelinge en slegs een tweeling in ‘n 2 jaar periode gee, het ons 4 lammers in twee jaar, of dan wel ’n speenpersentasie van 200% per jaar! Skielik lyk dit vir my heeltemal haalbaar om 200% per jaar te speen.
Omdat daar meer gereelde paargeleenthede is word die hele produksieproses versnel. Oorloopooie word vinniger herpaar. Hoekom ek so sê en nie “kan vinniger herpaar” word nie, is omdat byna alle ander kriteria ook nou verander, en ons moet kophou om “appels met appels” te vergelyk! Die syfers kan met saamgestelde rente by boekhou vergelyk word.
Laer konsepsies word per “paartyd” gekry, omdat die ooie in werklikheid 4 maande vinniger besit raak. Indien jy ‘n 1000 ooie neem, en 70% van hulle raak op 8 maande besit, en 80% van die 300 oorlope 4 maande later met ‘n 12 maande interval (onthou hulle het nou ’n langer ruskans gehad), beteken dit dat 94% van jou ooie in een jaar dragtig geraak het. Indien jy al die ooie wat dan 2 kanse gehad het prul, is jy op gelyke voet met ’n boer wat sy ooi slegs een kans per jaar gee om besit te raak. Anders gestel – indien 70% van jou kudde met elke paartyd 4 maande vinniger vat, verhoog jy jou “produktiwiteit” met 33%, of kry jy as jy dit omwerk na 1 jaar of per jaar toe, ’n derde meer lammers per jaar! Op ’n kudde van 1000 ooie praat ons dus van 333 lammers meer per jaar, of teen vandag se pryse van ongeveer R600 per lam, ’n addisionele inkomste van R199 800 (R200 000 klink beter!) per jaar. Let wel dat dit uit dieselfde hoeveelheid ooie is. Hierdie ooie se onderhoudskoste was nog steeds dieselfde – hulle moet steeds ontwurm, ingeënt, en “bestuur” word. Hul voedingsbehoeftes vermeerder – en wel slegs met die van een produksiesiklus bokant onderhoud. Hulle sou mos steeds moes leef al was hulle nie weer dragtig nie.
Jongooie kom vinniger in produksie. Met sekere rasse paar ons nou al die lammers op 7 maande. Omdat daar elke 4 maande ’n paartyd is, kry die wat oorslaan, of nie op 7 maande besit raak nie weer op 11 maande weer ’n kans....of op 15, en heellaas weer op 19 maande soos in ‘n “tradisionele” of dan volgens my die “outydse” stelsel. Kom ons kyk weer anders daarna – ’n jong ooitjie wat in ‘n “halfpaarstelse” 4 kanse kry om besit te raak is dan eers op dieselfde voet as haar eweknie in ’n tradisionele stelsel! Indien ons dan tradiosionele aanbevelings toepas soos dat ’n ooi slegs een kans gegee moet word, benadeel jy eintlik baie ooie in die meerpaarstelsel. Die teendeel is egter waar – jy selekteer soveel strenger vir vrugbaarheid dat jy binne ’n paar jaar met ’n vrugbaarder kudde sit waarin die die ooie vroëer geslagsryp raak, vinniger dragtig word, meer gereeld lam, meer meerlinge en kry en vir langer aanhou... Al hierdie dinge lei tot meer geld in jou sak!
Kernwoorde word nou: “kontantvloei, vroëer, vinniger, meer, meer gereeld/aanmekaar, beter...”
Die “mlijoen rand” vraag is egter steeds wat dit jou ekstra gaan kos om hierdie ekstra inkomste te verdien. Ook hier is dit nodig om te “verdiskonteer”. Kyk na die “tydwaarde van geld”. Hoeveel is dit werd om jou kontantvloei te verbeter deur elke 4 maande ’n lammeroes te hê om te bemark en om dan 70% van jou inkomste 4 maande vroëer te kry, terwyl jy met die res van jou skape boer soos jou met sy skape geboer het (of jou “buurman” steeds met syne boer!).
“Vereenvoudig” het ek altyd gedink dat jy elke 2 jaar ’n ekstra lammeroes kry, maar “saamgesteld” is die som heelwat groter, en besig om my brein heeltemal omver te werp. Ek sê sommer reguit dat my koppie nou te klein raak en dat ons die rekenaars, boekhouers en ekonome nader sal moet roep!
Mak dit nou sin as ek sê dat skaapboerdery dus eintlik ’n Nommer- of SYFERSPEL is.
Alle paarstelsels word eintlik op hierdie beginsels gebaseer...
So kom ons kyk dan weer ’n slag vanuit hierdie “hoek” na die verskillende paarstelsels.
Stelsels:
PAARSTELSELS:
Tradisionele stelsels:
-     Een paarseisoen per jaar. (Interlamperiode = 365+ dae)
Oorgeneem by die Europese metode waar die skape `n kort paarseisoen het en net een keer per jaar kan aanteel.
-          Twee paartye, bv Herfs en Lente paring, maar ‘n ooi lam steeds net een maal per jaar. Die gemiddelde ILP van ’n ooi in hierdie stelsel is steeds langer as 365.
Jong ooie kan 6 maande vroëer in produksie kom, en oorloopooie kan vinniger herpaar word. Lewensdagproduksie word verhoog en ramme word beter benut wat weer die ramkoste per lam afbring.
Meerpaarstelsels:
-          Ramme heeltyd by. Een paartyd, heeljaar lank. Bestuur word bemoeilik omdat jy nie pro-aktief kan optree nie. Rekordhouding is meestal swak en boere weet nie regtig wat hul resultate is nie. Verliese is gewoonlik hoog. Siektes soos is Peestersiekte en “Ramsiekte” is volop in hierdie stelsel, veral onder ekstensiewe vleisskaapboerderye. Finansiële resultate is deurgans swakker as wat meeste boere besef. Heelwat ooie lam dikwels 2 maal in een jaar, maar nie met ‘n 6 maande interval nie! (een keer in Januarie, en die volgende keer in Desember – dus 10-11 maande, of meer as 300 dae uitmekaar. Lamverliese soos resorpsies, aborsies en lamvrektes is gewoonlik baie hoog omdat intensiewe versorging en bestuur nie plaasvind nie. Ongediertes gedy ook op hierdie stelsel omdat ’n deurlopende voedselbron beskikbaar is.
-          Die 1,2,3,4-Stelsel: Hierdie stelsel is deur Dave Midgley  “ontwerp” om meer struktuur aan die vorige stelsel te gee en is veral geskik vir klein kuddes of vir kommunale areas waar daar nie drade of kampe is waar die ramme appart van die ooie gehou kan word nie. In plaas daarvan dat die ram dan gebruik word om paartye te “manupileer en te implimenteer”, maak ons van prikkelvoeding en “prikkeldosering” gebruik om die ooie te prikkel om in siklus te kom en meer gereeld te lam. Bestuur, dosering en inentings word op strategiese tye toegepas – elke 4 maande. Dit werk dan net mooi uit dat dit ongeveer ’n maand voor lam is vir die dragtige ooie, en die ooie wat dan nie dragtig is nie word deur die beter bestuur en byvoeding geprikkel om op hitte te kom om dan weer 5 maande later te lam. Omdat die diere in hierdie stelsel meestal saans gekraal word, word byvoeding hier gegee om te keer dat die “buurman” se diere dit nie opvreet nie. D.m.v. ’n kruiphek in een hoek van die kraal kry die lammers dan toegang tot ’n kruiprantsoen. Ons skep dan `n amperse “halfpaarstelsel”. Die hele kudde (Ramme, ooie, en lammers loop dus saam as een trop, en meeste ooie lam dan rofweg 3 keer in 2 jaar!
-          Die 4 maal in 3 jaar-stelsel (ILP = 270+ dae)
3 jaar x 12 maande = 36 maande.`n Ooi lam dus elke 9 maande.
Hier het jy gewoonlik 3 troppe, 4 paar- en lamtye per jaar met 1 trop wat 2 keer in 1 jaar gepaar word(en/of lam). Die hersteltyd na lam is effens langer en jong ooie kan vroëer in produksie kom. Oorlope kan ook vinniger herpaar word. Lewensdagproduksie is hoër as in vorige stelsels, maar laer as in die volgendes.
-          Die 3 maal in 2 jaarstelsel. (ILP = 240+ dae).
Ooie lam elke 8 maande. Hier boer ons met skape soos `n vleisbeesboer met sy beeste boer – paar 3 maande na geboorte, wanneer die baarmoeder reeds goed herstel het (involusie volledig is).
o   1 trop: Dit is die swakste opsie! Ramme word onderbenut. Kontantvloei is sleg – in een jaar het jy slegs 1 lammeroes en die volgende jaar dan 2. “Belastingskuiwe“ word nodig. Een van die 3 paar- of lamtye val gewoonlik  “buitenstyd“ wat tot laer produksie lei en kontantvloei verder deurmekaar gooi.
o   Halfpaarstelsel: Hier word die kudde in 2 verdeel (halveer) en net helfte van die normale hoeveelheid ramme word benodig. (Jy kan dus ‘n “Besparing“ in ramkoste per lam kry, of dan eerder duurder (beter?) ramme aankoop en hulle effektiewer benut. Die kuddes wissel mekaar af, deur een trop elke vier maande te paar (helfte van 8). Daar is dus 3 paar/lamtye per jaar, wat `n goeie kontantvloei tot gevolg het. (Sommige kliënte kry 12/12 maande van die jaar ’n inkomste). Jong ooie word vroeg gepaar en oorlope word ook vinniger herpaar, en die wat nie besit raak nie word vinniger uitgeskot. Afhangende van die uitgroei of dan gewig, kan `n jong ooi dus al op 7,11,15 of 19 maande in produksie kom (gepaar word)
o   Dubbel Halfpaar of CAMAL stelsel: Hier is daar teoreties 4 kuddes, maar in die praktyk slegs 3 omdat die eerste groep weer die vierde een word. Daar is 6 paartye per jaar – elke 2 maande. Ooie word vinniger herpaar, maar dit is meer arbeidsintensief en goeie voeding word deurgans vereis.Twee ramtroppe word benodig agv die kort herstelperiode tussen paartye.

-          Die Stêrstelsel (5 keer in 3 jaar, of ook bekend as die “Magee stelsel”). Hier is die ILP = 219+ dae.
 Die KGF (kleinste gemeenskaplike faktor) van 146 dae (die dratyd van ‘n ooi) en 365 (dae in ‘n jaar) is 73(Helfte van 146 en `n vyfde van 365). Daar is dus 5 paartye per jaar, een elke 73 dae. In die stelsel is daar 3 lamgroepe en word hoër voedingsvlakke byna deurgans vereis, 2 ramtroppe word benodig, dis arbeidsintensief, en om regtig goeie besetting te kry moet vroegspeen van lammers gedoen word. Herpaar vinniger. Meer paartye. Goeie kontantvloei. Lewensdagproduksie word verhoog. Op die Internet word verwys na ’n trop volwasse ooie by Cornel Universiteit wat ’n allemintige lampersentasie van 535% per jaar in hierdie stelsel behaal!
-          Die "Melkery Stelsel“: (ILP = 191+ dae)
Ramme kom 45 dae na lamtyd begin by, en wel vir 45 dae. Involusie is dikwels, veral in die ooie wat laat in die vorige siklus gelam het, nog nie volledig nie en dit lei tot ‘n verhoogde getal resorbsies. Die verdwynfaktor en prul% is ook dikwels baie hoog. Ek is nog nie oortuig dat die noodwendig die winsgewendste stelsel is nie, maar het finansiële syfers gesien van ’n Merinoboer van Hanover, onder Karoo omstandighede, wat ver bokant die syfers van ander boere in die Karoo is!
Haastig is nie altyd vinnig nie, en deur soms net bietjie te wag, kan ’n beter besetting en meer tweelinge verkry word! Persoonlik verkies ek dus in meeste gevalle die halfpaar of Magee stelsels, omdat “beter bestuur” toegepas kan word en beter resultate met minder moeite verkry word.
Elke stelsel het sy voor- en nadele. Verhoogde lamproduksie moet meer as vergoed vir die verhoogte insetkostes, arbeid en bestuur om dit te regverdig.
Raadpleeg asseblief `n kenner of kundige – daar is steeds baie onkunde op die gebied!!!!
Sodra dan op ’n stelsel besluit is, word ’n bestuursprogram uitgewerk vir die besondere stelsel, of dan vir JOU en JOU OMSTANDIGHEDE – nie vir ’n area, of volgens reënval of seisoene nie!!! Neem die DIER en wat in sy liggaam gebeur in ag.(Die Fisiologies Belangrike Tye)
En dan hang dit ook af van wat jy van die skaap vra of verwag.
Die volgende beginsel geld: VRA MEER = GEE MEER! (Kos, Ent, Doseer)
Die kuddestruktuur lyk anders in ’n intensiewe stelsel, omdat jy vroeër paar, en meer gereeld, en vir langer aanhou...die “kudde” word dus ouer en die struktuur lyk anders! Vervangingspersentasies verander (minder ooie word vervang, so ons kan strenger selekteer, en meer lammers bly oor om te verkoop as aanteeldiere of vir slagdoeleindes.(Dit is weereens belangrik om die stelsel te verstaan – in die begin kan dit gebeur dat ooie “aanpas”, en effens minder tydens die eerste verkorte paartyd besit raak. Hierdie ooie vat egter meestal dan met die tweede paartyd en lam steeds jaarliks soos voorheen). Lampersentasies moet anders geinterpreteer word omdat ‘n 7 maande oue ooitjie en ‘n 19 maande oue ooitjie fisiologies 2 verskillende diere is! Inkomste per teelooi wat die “stadige stelsels” so graag gebruik gee dus ‘n “skewe” beeld van die werklikheid!
Wat is die definisie van ‘n “teelooi”? (As dit ’n tweetand- en ouer ooi is, moet alle lammers wat dan vroëer aankom as lammers tel, maar die jong ooitjie NIE as ‘n ooi tel nie! Dit is tog wat indirek by “jaarstelsels” met wolproduksie gebeur! Dit is hoe ’n gladdelyf Merino ooi wat tussen 3 en 4 kg wol dra se baas skielik ’n rouwolproduksie van meer as 14kg per “teelooi” kry! 
En dan is daar ander siektes wat in die prentjie inkom soos voedingsteurnisse en stres-geassosieerde toestande soos “maagsere”.
Ons het ook te make met ander voedingsbehoeftes...
Laer miseiertellings raak skielik meer relevant!...
Samevatting:
Ek vind dit geweldig frustrerend as ek  lees en sien dat iemand sê dat hy die die “drie lamseisoene in twee jaar” stelsel toegepas het en “afskiet”, maar dan sy lamseisoene aangee as Maart, Mei/Junie en September. As ‘n mens die syferspel speel, sal gesien word dat dit beslis nie die genoemde stelsel was nie, en dat ons dus nie “dieselfde taal” praat nie!
Net so pla “spogsyfers” my!
‘n Speenpersentasie van 150% met ‘n 33% vervanging in ‘n een maal per jaar lamstelsel(ILP van 365) beteken dat die ooikudde elke 3 jaar “vervang” word. Anders gestel, dat die gemiddelde ooi slegs 3 keer in haar lewe op so ‘n plaas lam. Dan beteken dit dat sy in haar lewe op die plaas slegs 4.55 lammers geproduseer het, of ‘n lewensdagproduksie van 4.55 lammers het. In ‘n “Halfpaarstelsel”  met ‘n speen% van 150%, produseer ‘n ooitjie wat op 11 maande die eerste keer vat en op 16 maande lam, dit in 3 jaar se tyd. Haar lewensdagproduksie tot op 6 jarige ouderdom is 9 lammers, of dubbeld per gelykstaande leeftyd as in die eersgenoemde stelsel waar ‘n ooitjie op 24 maande vir die eerste keer lam, 3 keer jaarliks daarna, en die laaste lam dan grootmaak tot by speen op 6 maande!
Ons sal weer ‘n slag mooi moet besin oor ons “norme” en moet kyk na die effek op winsgewendheid van kuddesamestelling, dae tot “slag” of verkoop, die ouderdom van eerste paar (OEP) en ouderdom van eerste lam (OEL), langslewendheid, ILP, kontantvloei, voeromsetverhoudings, uitslag