Doen die regte DING, op die regte MANIER, op die regte TYD!
  1.    Elke siekte
of probleem het `n oorsaak
  2.    Dis beter
om die oorsaak vas te stel en te behandel, as om die simptome te behandel
 3.    Besluit so
gou as moontlik of dit `n aansteeklike of oordraagbare siekte is , en verwyder
die bron van infeksie.
 4. Goeie
biosekuriteit sluit `n goeie kwarentynstelsel, `n “hospitaal” en `n
afsonderings-eenheid in.
6. Jou
eerste verlies is baie keer jou “beste” verlies.Hoe gouer jy besluit of
behandeling geregverdig is (prognose en/of ekonomie dit toelaat), en hoe gouer
met die regte behandeling begin word, hoe beter is die kans op herstel en
beperking van produksieverliese.
7.   Indien `n
dier van kant gemaak moet word, doen dit so gou en menslik as moontlik om
onnodige pyn en lyding te voorkom.
8.    As jy
onseker oor iets  is, vra  / bel `n  kenner .
9.    Gebruik
medisyne volgens voorskrif.
Indien aanspraak gemaak word op dinge wat nie op die voubiljet staan nie,       dring aan op `n skriftelike aanbeveling,
of op `n afskrif van die wetenskaplike data om dit te regverdig!
10.  Berg medisyne op `n koel, droĆ« en skoon plek
11.  Werk  skoon ! (spuite, naalde en proppies van
medisyne).
12.  Lees die instruksies .
13.  Moenie medisyne meng nie!
14.  By ENTSTOWWE is dit nodig om veral seker te
maak dat:
a.    Die koue
ketting te alle tye gehandhaaf word
b.    Die
korrekte  inspuitplek  gebruik  word

No comments:
Post a Comment