Skaap brandsiekte is ‘n siekte wat hoofsaaklik in die koue maande van die jaar voorkom, alhoewel dit egter dwarsdeur die jaar kan uitbreek. Aangesien die winter maande voorlĂȘ is dit belangrik vir boere om bedag te wees op uitbrake. Baie boere is geneig om die siekte weg te steek, maar die siekte kan enige boer onverwags oorval.
Sedert 1982 het skaapbrandsiekte-uitbrekings in SA vinnig toegeneem en is daar geen gebied in die land wat vry van die siekte is nie.
Die siekte hou ‘n ernstige ekonomiese implikasie vir die veebedryf in. Om hierdie rede is die siekte etlike dekades gelede tot ‘n staatsbeheerde siekte verklaar en word boere volgens wet verplig om dit aan te meld. Swaar strawwe kan opgele word indien die siekte nie aan gemeld word nie.
Brandsiekte/skurftemyte (Psoroptes ovis) is suigende velparasiete van soogdiere en leef op die liggaamsdele wat goed met wol of hare bedek is of in die ore van hulle gashere. 
Wanneer die brandsiektemyte die vel prik om die limf waarop hulle voed te verkry, veroorsaak hulle ‘n ontsteking met die gevolglike afskeiding van serum wat bo-op die vel stol.  Die irritasie wat deur die myte veroorsaak word, laat die skaap skuur en aan die vag byt en trek om sodoende die toestand te vererger.  Hierdie  myte  grawe  nie  in die vel  in nie .
Bevrugte wyfies lĂȘ eiers om die kante van die brandsiekteletsel waar die onvolwasse brandsiektemyt uitbroei. Die myte leef en voed op die velrante van die letsels wat spoedig as gevolg van hulle aktiwiteite vorm. Die lewensiklus kan in beide die winter en die somer binne 8 - 9 dae voltooi word.
Die skaapbrandsiekmyt het ‘n relatiewe kort lewenssiklus van agt tot tien dae. Die parasiete reproduseer dus baie vinnig en kan ‘n skaap wat aanvanklik net met ‘n enkele myt besmet is, binne een tot twee maande oortrek wees met tot soveel as ongeveer 
4000
-          ‘n erge gejeuk en skape byt, krap en skuur hulself.
-          Kaal korserige kolle ontwikkel op die vel,
-          Wol  raak  gekoek ,
-          Wol en haarverliese kom voor,
-          Vermaring 
-          Besmette  skape 
-          Besmette kampe en krale
-          Besmette skeertoerusting en klere
-          Voertuie wat besmette skape vervoer het
Skaapbrandsiekte kan suksesvol bekamp word mits alle veeboere saamwerk deur:
-          onmiddellik enige velkondisie by skape en bokke wat gepaard gaan met jeuk en/of wol- of haarverliese by die naaste Staatsveearts of Dieregesondheidstegnikus aan te meld.
-          Geen skape wat met brandsiekte besmet of vermoedelik besmet is, mag sonder toestemming van die staatsveearts van die plaas beweeg word nie. Dit geld ook vir bokke op die plaas.
-          Alle nuut ingebringde skape of bokke eers tweemaal volgens voorskrif te behandel teen brandsiekte voordat hulle met enige ander skape op die plaas meng.
MOET ASSEBLIEF NIE SKAAPBRANDSIEKTE WEGSTEEK NIE, MELD DIT AAN – DIT IS IN U EIE SOWEL AS DIE BEDRYF SE BELANG
-          Veeveilings, skeerders,Vervoer, Aangekoopte skape/bokke,
-          Alle skape en bokke op ‘n besmette plaas twee keer met 8 tot 10 dae tussenposes gedip of  ingspuit word.
-          Die middle wat gebruik word vir skaapbrandsekte  geregistreer  is,
-          Die korrekte dipsterkte en aanvullings deurgaans gehandhaaf word tydens dipping of,
-          Die korrekt dosis, in die geval van inspuitbare middels, toegedien word,
-          Diere  wat  behandel  is verkieslik  in “skoon  kampe ” geplaas  word.
Indien ‘n enkele skaap of bok oorgeslaan word, sal die siekte binne enkele weke weer manifesteer. Onthou – jong- en pasgebore lammers moet ook behandel word. .  Diagnose is gebaseer op die identifikasie van die myte in velskraapsels en uitwissing behels kwarantyn en behandeling (dip of spuit) van al die skape en/of bokke op die plase.  Die diere  moet  ten minste 2 maal met ‘n 8 – 10 dae  tussenpose  gedip  word en met elke  dipping moet  hulle  vir  ten minste 2 minute in die dipvloeistof  gehou  word.  Inspuitings  word twee keer met ‘n tussenpose  van 7 dae  toegedien . 
Volgens regulasies van die Wet op Dieresiektes soos gewysig: “Alle skape wat na ‘n verantwoordelike persoon se grond beweeg word, moet twee maal met ‘n doeltreffende middel volgens die gebruiksaanwysings van die betrokke middel, teen skaapbrandsiekte behandel word alvorens sodanige skape met enige ander skape op die verantwoordelike persoon se grond vermeng.”  en  “Alle veltoestande by skape wat een of meer van die volgende simptome toon, moet by ‘n beampte aangemeld word:
-          Kol of merk elke skaap of bok wat behandel is die eerste keer soda teen wat die eerste behandeling gemis is geidentifiseer kan word.
-          Maak seker dat die regte voorgeskrewe hoeveelheid by inenting toegedien word.
-          Maak seker dat die entspuit werk en dat dit die regte hoeveelheid toedien.
-          Ent diere op die regte manier en plek. Geskikte plekke vir inspuiting is die oksel, lies of agter die blad. Onder  die vel . Maak seker dat die spuitstof nie uit lek nie.
-          Hou  gedurig  toesig  by behandeling .
-          Verkeerde behandel kan die boer baie geld kos.
-          Kontroleer die getal diere wat behandel is om te verseker dat alle kleinvee behandel word.
Skaapbrandsiekte is nie ‘n skande nie dit is ‘n ernstig voorval


No comments:
Post a Comment