Monday, April 6, 2020

Humor uit 1950 se “wolboom” tyd.

Henti  Le Roux van Calvinia deel ‘n bietjie humor so  uit 1950 se “wolboom” tyd.

So het Koos en Jan langs mekaar geboer. Albei het gewedywer met merinos. Saam ramme gekoop, saam geskeer, geskaap gedip ens. 
So gebeur dit dat wol die hoogte in skiet, en skeer die twee saam in Maart. Koos koop ‘n groen Chef Lorrie sodat hyu self sy wol FCU in Maitland, Kaapstad kan aflewer.  En so kom haal hy toe ook Jan se wol. Na 21 dae ry Jan Calvinia toe en kry die pos. Hul gewigte is daar en die veilingsdatum is op dieselfde dag. Net daar besluit hul om die geleentheid by te woon. Jan het so ‘n 1935 seilkap Fordjie en hy ry ‘n dag voor die tyd Kaap toe. Daar kry hul die katalogus van die veiling die die lotnommers by FCU kantoor. Jan werk uit dat as hy een pond vir ‘n pond wol kry betaal hy net sy skuld. Tienuur die more is altwee by die veiling. Jan se wol word voor Koos se wol opgeveil. Hul kry toe plek op die gallery en Jan het die papiere in sy hand – hy volg die veilingen steek ‘n sigaret aan. Rook dat die blou dampe saatn en Koos sit so skuins agter hom en bekyk die besigheid. Jan se wol is 18.12 pond. Hy steek kort-kort ‘n sigaret aan en die wol trek later by 19.19 pond. Hul slaan die bod toe op  een pond nege pennies. Jan draai so om na Koos en vra waar is sy sigaret wat hy nou net in sy hand gehad het. Koos kyk hom ewe bedees aan en sê vir hom hy het die sigaret half gerook en die res opgefrommel en sommer opgevreet!
Koos se wol kom toe ook op en die kry toe net een pond. So het Jan toe sy skuld betaal – die Lorrie by Calvinia Motors, sy ramme en plaasskuld. Moeilike tye waaroor mens boekdele kan skryf
Wolgroete 

No comments:

Post a Comment