Friday, July 18, 2014

Goeie winterkos Oulandsgras (Eragrostis curvula)

’n Mens kan van enige gewas hooi maak mits dit vinnig gedroog kan word. Hoe vinniger die gewas gedroog kan word, hoe beter is die gehalte en kleur van die hooi.

Oulandsgras (smalblaar) se hooi droog vinniger as Smutsvinger (breëblaar). Omdat dit vinnig afdroog, kan oulandsgras wat vir die maak van hooi gebruik word, op dieselfde dag gesny en gebaal word. Vir hooiproduksie kan twee snysels per seisoen daarvan verkry word. Om hoë opbrengste te behaal, is dit nodig om redelik baie stikstof (N) toe te dien.

Die voedingswaarde en smaaklikheid gedurende die wintermaande neem af sodat diere dit nie graag as staande hooi vreet nie. Dit is meer aanvaarbaar vir skape as beeste. Gedurende die aktiewe groeistadium (somermaande) bied dit egter goeie weiding.
Weiding moet nie korter as 100mm bo die grond afgesny word nie. Waar te kort (korter as 100mm) is hergroei stadig en reserwes word uitgeput.

Oulandsgras is op meeste grondsoorte aangepas en groei die beste in koel, hoëvelddele. Dit is rypbestand en ‘n neerslag van 600 mm per jaar en meer is nodig. Dagboek vir vestiging: Okt – Des of Feb.
Dit bied dan vroeë lenteweiding en is uiters geskik vir hooiproduksie en  reageer baie goed op bemesting.

No comments:

Post a Comment