’n Mens kan van
enige gewas hooi maak mits dit vinnig gedroog kan word. Hoe vinniger die gewas
gedroog kan word, hoe beter is die gehalte en kleur van die hooi.
Oulandsgras
(smalblaar) se hooi droog vinniger as Smutsvinger (breëblaar). Omdat dit vinnig
afdroog, kan oulandsgras wat vir die maak van hooi gebruik word, op dieselfde
dag gesny en gebaal word. Vir hooiproduksie kan twee snysels per seisoen
daarvan verkry word. Om hoë opbrengste te behaal, is dit nodig om redelik baie
stikstof (N) toe te dien.
Die
voedingswaarde en smaaklikheid gedurende die wintermaande neem af sodat
diere dit nie graag as staande hooi vreet nie. Dit is meer aanvaarbaar vir
skape as beeste. Gedurende die aktiewe groeistadium (somermaande) bied dit
egter goeie weiding.
Weiding moet nie
korter as 100mm bo die grond afgesny word nie. Waar te kort (korter as 100mm)
is hergroei stadig en reserwes word uitgeput.
Oulandsgras is
op meeste grondsoorte aangepas en groei die beste in koel, hoëvelddele. Dit is
rypbestand en ‘n neerslag van 600 mm per jaar en meer is nodig. Dagboek vir
vestiging: Okt – Des of Feb.
Dit bied dan
vroeë lenteweiding en is uiters geskik vir hooiproduksie en reageer baie
goed op bemesting.
0 comments:
Post a Comment