Wednesday, July 16, 2014

Inspirasie - Wat Het Verander?




'n Boer is ongelukkig op die plaas waar hy woon. Hy besluit om uit te kyk vir iets beter en hy skakel eiendomsagente en sit sy plasie in die mark.
'n Paar dae later bel sy eiendomsagente en vra toestemming om die plek in die tuiskoerantjie te adverteer. Die eiendomsagent het toe eers die advertensie vir die boer gelees:
Dit het die plasie beskryf as 'n pragtige plekkie in 'n ideale omgewing - stil en rustig, omring deur groen heuwels, gevoed deur die dam en geseën met goed-geteelde diere.
Die boer sê, 'Lees dit weer vir my.'
Nadat hy dit 'n tweede keer gehoor het, sê hy, 'Ek het van plan verander. Ek verkoop nie meer nie. Ek het my hele lewe lank nog na so 'n plek gesoek.'


Wat het verander? 
Sy perspektief.

Soms moet 'n mens dit wat jy as vanselfsprekend beskou, of dit wat jy as alledaags sien en wat begin om jou te verveel, sien deur iemand anders se oë, sodat jy dit weer kan waardeer.

Neem 'n oomblik om regtig eerlik te wees oor jouself en jou lewe, en te dink aan hoe geseënd jy eintlik is...


  

"The reality of life is that your perceptions -- right or wrong -- influence everything else you do. When you get a proper perspective of your perceptions, you may be surprised how many other things fall into place."~ Roger Birkman

No comments:

Post a Comment