Friday, June 12, 2015

SA Wolmark eindig op ‘n hoȅ noot


Port Elizabeth – Die wolmark het verlede week se pryse gehandhaaf en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,9% gestyg tot R141,20/kg (skoon). Dit is 26,5% hoër as op die openingsveiling. Op die Australiese mark het die aanwyser met 2,0% gestyg. Die Cape Wools Alle Wol aanwyser styg met 0,9%.
Plaaslike handelaars het opgemerk dat fyner wol op die dag effens duurder en growwer wol effens goedkoper geëindig het, maar deur en deur ‘n wonderlike afsluit tot ‘n suksesvolle seisoen. Die Cape Wools Merino-aanwyser is op ‘n historiese hoogtepunt en verwagtinge is dat die mark sy positiewe momentum sal handhaaf op huidige vlakke vir die nuwe seisoen.
Die Rand teen R12,33 was sowat 0,7% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige week se veiling en teen R13,89, sowat 2,0% swakker teenoor die Euro. ʼn Verkoopspersentasie van 98% is bereik van die 10 369 bale wat op die veiling aangebied was. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (4 004), Standard Wool SA (3 737) en G Modiano SA (1 716). 

Die weeklikse prysmandjie, beperk tot AWEX tipe MF5, 70-80mm, VM<=2% wol alleenlik, se gemiddelde prysbeweging was as volg: 18 mikron styg met 1,7% tot R152,38/kg, 18,5 mikron is onveranderd op R147,46/kg, 19 mikron versterk met 3,2% tot R146,90/kg, 19,5 mikron versterk met 1,8% tot R145,07/kg, 20 mikron daal met 0,4% en sluit op R140,57/kg, 20,5 mikron styg met 1,9% en sluit op R140,47/kg, 21 mikron versterk met 2,1% en sluit op R139,32/kg, 21,5 mikron versterk met 1,9% en sluit op R137,27/kg en 22 mikron styg met 0,5% tot R135,76/kg.
Die eerste veiling van die nuwe seisoen is geskeduleer vir 12 Augustus.


No comments:

Post a Comment