Thursday, January 14, 2016

Wenke vir Droogtevoeding

Gewoonlik het ons twee tipe droogtes, ernstige droogte (onvoorspelbaar, ± elke 25 jaar, of die el nino/a) en die seisoenale droogte (droogte buite die reënseisoen), vir welke ons ‘n voervloeiprogram moet beplan. Tydens ‘n droogtesituasie is dit die doel om alleenlik vir onderhoudsbe-hoeftes te voer. Laer wei-dingsdruk moet toegepas word om soveel as moontlik van die weiding te behou (dit om dit langer kos aan die diere te kan verskaf).

Droogte veevoer behoort op reëlmaat in voorraad aangehou en aangevul te word, sodat ‘n voer-reserwe opgebou word vir die tye van droogte. Dit moet egter onthou word dat voorrade aangevreet word deur plaagdiere. . Dus beheer plaagdiere.

Die diere moet verwyder word van die veld en op klein krale met water en skaduwee aangehou word indien moontlik. Dit help met die spaar van energie, omdat die diere nie doelloos deur die veld soek vir kos nie, asook die skade deur vertrapping aan die veld verminder.

 ‘n Minimum ruvoer moet gegee word sodat die rumen kan bly funksioneer sonder dat die rumen papille verdwyn. Ruvoer is egter duur om te vervoer en is nie altyd beskikbaar tydens ‘n droogtesituasie nie.

Voer moet 2 tot 3 keer per week voorsien word, op so ’n manier dat kompetisie tussen diere uitgeskakel word. Die voordeel hiervan is dat diere vreet tot hulle vol is en dan verminder die behoefte vir kompetisie.

Gewoonlik is die liggaamsgewig ‘n goeie aanduiding wanneer om te begin. met droogtevoeding.  ‘n Skaap mag nie meer as 20% van sy normale gewig verloor het nie. As ‘n dier meer as dit verloor het, kan hulle meer vatbaar raak vir infeksies.

Die tipe dier wat byvoeding moet kry is ook belangrik. Ooie met lammers en jong vervangingsdiere moet voorkeur kry. Speenlammers en ou ooie moet eerste uitverkoop word en ramme kry die minste byvoeding.
.
Kragvoeraanvulling (sjokoladegrane) as onderhoudsvoer saam met ad lip gars- of hawerstrooi. Gemaalde ruvoer word tot 30% beter beter benut as lang hooi.

Sjokoladegrane kan in die verhouding van 75% graan en 25% ruvoer gevoer word. Laatdragtige en lakterende ooie moet egter nie sjokoladegrane  gevoer word nie weens die lae deurvloeiproteïen. Klein lammers kan ook nie die heel mieliepitte verteer nie, en dit is raadsaam om verpilde voer te gee tot hulle kan oorgaan op die sjokolademielies. 
n Vroeë waarskuwingstelsel moet in plek wees tydens droogte. Dit kan help met handhawing van die ooi se kondisie en die lam kan dan direk van die kruipvoer konsentraat af verkoop word.

 Vitamiene A kan oorgeslaan word vir 3-4 maande in die liggaam
 So as die diere van die veld af gehaal word en ‘n inspuiting Vit. A kry sal dit vir ‘n aantal maande hou.

As die reën weer na ‘n droogteperiode kom moet die diere vir nog so maand of twee (waar moontlik) op kraal gehou word om toe te laat dat die veld voldoende kan herstel. As die diere te vroeg op die weiding kom sal hulle die veld verder beskadig en dit is nadelig vir toekomstige weidingsperiodes. Skielike rantsoenveranderinge het ook die risiko om die diere se verteringsprosesse te versteur. Die eerste gras wat uitkom bevat al die plant se reserwes en die eerste groen spriete het nog nie begin om te fotosinteer nie., Dus is daar nog nie voedingsstowwe in die plant materiaal nie.

Droogte bestande bronne wat gebruik kan word in tye van droogte:
•           Turksvye: - vars kan dit tot 64% van onderhoudsbehoeftes voorsien, gedroog tot 70% en as meel tot 85%. Dit moet egter onthou word dat kalium, magnesium en kalsium in oormaat voorkom wat kan lei tot minerale tekorte en diaree. Turksvye het ook ‘n tekort aan proteïen.
•           Garingboom: in vars vorm kan tot 56% van onderhoudsbehoeftes voorsien. Dit het dieselfde tekortkominge as turksvye, maar het minder minerale. Die diere se vrywillige inname is laër as die van diere wat turksvye vreet.
•           Oumansoutbos is die beste alternatief as onderhoudsrantsoen. Dit voorsien voldoende proteïen vir onderhoud. Diere kan dit selfs ‘n proteïenbron gebruik in produksie doeleindes. Die nadeel is dat energie te min is.
As daar besluit moet word oor ‘n droogtevoer, moet die voere vergelyk word op ‘n Rand per energie eenheid (ME MJ/kg DM) basis. Jy will die meeste energie voorsien vir die minste koste. 




Mengsel vir ruvoer (swak)
25 kg ureum
25 kg melasse kannetjie of kalorie 3 000
100 liter water
Meng een deel van hierdie mengsel met 10 dele hooi.

Oorlewing van ooie
600 g hooi/ooi/dag
200 - 300 sjokoladegraan/ooi/dag

 Oorlewing van koeie
8 kg hooi/koei/dag
1 tot 1,5 kg produksielek/koei/dag



No comments:

Post a Comment