Assegaaiklawer versprei en groei maklik en kan droogtes
oorleef. Dit is ’n eenjarige gewas, maar dit is nie nodig om elke jaar te saai
nie omdat dit self opkom en maklik self saad maak. Uitstekende eienskappe as
voergewas van Januarie tot Augustus.
Dit bly groen deur die winter en kan in die middel van die
winter al ’n goeie produksie lewer. Assegaaiklawer, wat soos lusern behandel en
gebaal is, bevat 18 % proteïen.
In sy groen vorm kan Assegaaiklawer bewei of gesny en in
krippe gevoer of in voermengers saam met droëmateriaal gemeng word.
No comments:
Post a Comment