Sunday, March 15, 2020

Meerpaarstelsels wenke


Benut die goeie tye beter.  Meerpaarstelsels wenke 
Vandag volop, more skoonop!
Meerpaarstelsels is voordelig en dit is `n goeie tyd om oor te skakel as jy nog getwyfel het.

Verhoog lewensdagproduksie - paar die jong diere wat goed uitgroei vroeĆ«r.  Paar ouer ooie gouer na hulle gelam het - boer met jou skape soos wat `n beesboer met sy beeste boer - m.a.w. paar hulle weer drie maande na hulle gelam het. Teen daardie tyd het die baarmoeder lankal reeds herstel.`n Skaap dra vyf  maande en as jy drie maande later paar, lam die ooi elke agt  maande of wel driemaal in twee jaar.
Ooie wat oorvet raak kan hul vrugbaarheid negatief beinvloed.
Pas `n ekstra lamtyd in!  Oorweeg selfs kruisteling om d.m.v. basterkrag `n sterker/vinniger lam te kry.
Toestande vir KI of laparoskopie is gunstig!
Maar onthou - jy kan nie net meer vra van jou skape nie - gee ook meer. Dit mag `n ekstra dosering, inenting of byvoeding vereis, maar die ekstra lammers sal meer as daarvoor vergoed!

No comments:

Post a Comment