Voertekorte as gevolg van “droogte” is ‘n
algemene verskynsel in Soetgrasveld.
Daar is ‘n manier om soetveld te bestuur en te benut om
voertekorte óf te voorkom óf tot die minimum te beperk. Daarbly is deur navorsing en in die praktyk
bewys dat dié stelsel, veldproduksie gras-spesie samestelling en drakrag
betekenisvol verhoog. EN dit is maklik,
dit kos jou niks behalwe om die besluit te neem en die stelsel te implementeer
nie skryf dr. Arno Moore!
IMPLEMENTERING VAN DIE STELSEL
- Duur van die groeiseisoen is prakties 4 maande (een derde van die jaar). In hierdie 4 maande (Desember – Maart) moet die veld genoeg produseer vir 12 maande se beweiding.
- Veldproduksie varieer van groeiseisoen tot
groeiseisoen.
Daarom iswisselende veeladings onafwendbaar .
- Beweiding van veld vir een groeiseisoen, opgevolg
deur twee periodes van langdurige rus in die groeiseisoen, sal tot
veldherstel lei. Hiermee saam
verhoog grasproduksie en drakrag.
- Beweiding gedurende die dormante seisoen is nie nadelig vir die veld nie.
Stap 1
·
Identifiseer en karteer die verskillende veldtipes op
die plaas.
- Verdeel elke veldtipe in drie dele met gelyke drakrag en gebruik hierdie verdelings om die plaas in derdes te verdeel waarin elke veldtipe verteenwoordig is (blokke 1, 2 en 3).
- Groeiseisoen: Desember
– April (5 maande)
- Winter Mei
– Augustus (4
maande ) - Lente September
– November (3 maande)
Die verdeling
van die jaar in hierdie seisoene maak voorsiening vir voervloeibeplanning sodat
voldoende voer beskikbaar is regdeur die jaar.
Die oneweredige verdeling van 5 maande; 4 maande en 3 maande het ten
doel om voorsiening te maak vir weidingsverliese as gevolg van wild en termiete
asook ‘n afname in die voedingswaarde van die grasse.
Stap 3 – pas die volgende weiprosedures toe:
1)
Die verskillende gedeeltes word sistematies in
alternatiewe seisoene bewei :
·
Jaar 1 Blok 1 –
groeiseisoen ; Blok 2 – winter ; Blok 3 - lente
·
Jaar 2 Blok 2 –
groeiseisoen ; Blok 3 – winter ; Blok 1 – lente
·
Jaar 3 Blok 3 –
groeiseisoen ; Blok 1 – winter ; Blok 2 – lente
2)
Na drie jaar herhaal die siklus himself en veld wat in
die groeiseisoen bewei is, word dus vir die volgende twee opeenvolgende
groeiseisoene gerus.
3)
Alle vee word beperk tot die een derde van die plaas
wat in die spesifieke seisoen bewei word.
4)
‘n Kamp in ‘n blok word tot ‘n voorafbepaalde
intensiteit bewei en die tydperk wat die diere in die kamp bly hang af van die
beskikbare weidingsmateriaal en die handhawing van aanvaarbare diereprestasie.
In die groeiseisoen kan diere
terugkom na ‘n kamp wat vroeër in die groeiseisoen bewei is indien voldoende
hergroei plaasgevind het. Deur rekord te
hou van die aantal diere en getal dae wat die diere in ‘n bepaalde kamp
deurbring, kan daar mettertyd uit die kamprekords ‘n goeie idée verkry word van
die dravermoë van die verskillende kampe op ‘n plaas.
No comments:
Post a Comment