Soetgrasveld
het twee belangrike eienskappe :
1) smaaklik met
genoeg voedingswaarde vir goeie diereprestasie (positief)
2) wisselvallige
produksie met onbetroubare reënval-patrone (negatief)
Daarom ‘n groot en voortdurende
gevaar van periodieke voertekorte, wat dan in die volksmond, droogtes beteken.
1) Optimale
produksie = moet goeie veldproduksie kry
2) ‘n Stabiele
voervloei op veld = haal die raaiwerk uit – beperk die periodieke voertekorte
·
die noodsaaklikheid van volle
groeiseisoen rusperiodes vir volgehoue hoë veldproduksie.
·
Die waarde van geruste veld as
voerbron in opvolgende droë seisoene.
Die beginsels
is die basis van ‘n benadering tot veldbestuur wat neerkom op
voervloeibeplanning op veld alleen.
DIT IS
EENVOUDIG EN KOM NEER OP:
·
Die indeling van jou plaas in drie
gelyke blokke.
·
Benutting van een blok in die
groeiseisoen (Desember – April)
·
Benutting van die ander twee blokke
in die Winter en Lente.
·
Rotasie van blokke in terme van tyd
van benutting oor ‘n drie-jaar periode.
·
Die aanpas van veebestuur – lamtyd,
veegetalle by die stelsel.
i)
veld -samestelling verbeter
ii)
veld -produksie verhoog
iii)
diereprestasie goed
iv)
gevaar van voertekorte drasties
verlaag
EN:
i)
dit kos niks
ii)
doen
dit net! ( NIKE – Just do it!)
No comments:
Post a Comment