Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!

Wednesday, August 20, 2014

Wolmark nog goed, pryse effens laer!


By on 8:43 PM

Port Elizabeth – Die wolmark het op die eerste veiling van die nuwe seisoen goed vertoon en die Cape Wool Merino-aanwyser het met 1,1% teruggesak tot R111,63/kg (skoon) teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen. Dit is steeds 9,5% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen. ʼn Soortgelyke tendens het op die Australiese mark geheers waar die aanwyser met 3,6% gedaal het. Kopers het melding gemaak van ‘n onbeslistheid onder Chinese kliënte wat aanleiding gegee het tot swak vraag uit China. Op ‘n positiewe noot was daar stewige kompetisie vir goeie gehalte fynwol te danke aan goeie vraag uit Europa, terwyl middelbreuk-wol teen laer pryse verhandel het.
Die rand was gemiddeld R10,66 teenoor die Amerikaanse dollar, 0,8% sterker teenoor die gemiddelde koers van verlede week. ‘n Totaal van 13 945 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (4 794), Lempriere SA (2 707), G Modiano SA (2 570) en Stucken & Co (1 872). Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron styg met 1,2% tot R120,91/kg, 19 mikron verswak met 0,2% tot R117,91/kg, 20 mikron daal met 1,6% en sluit op R112,08/kg, 21 mikron verswak met 3,0% en sluit op R110,26/kg en 22 mikron daal met 3,8% tot R108,95/kg. Die volgende veiling is geskeduleer vir 3 September. Verskaf deur Ria van Rooyen. Wolwaardeerder

0 comments:

Post a Comment