‘n Virus waarteen geen
antibiotika werk nie. Antibiotika kan slegs sekondêre besmetting wat dikwels
verantwoordelik is vir die dier se dood teenwerk of beheer. M+ B pille wat ‘n sulfamiddel is en deur die
longe uitgeskei word maak sin!
Die virus veroorsaak erge inflammasie wat sy lippe en kop
laat swel, en sy hoewe laat pyn (daarom loop hulle so swaar). ‘n “Disprin” vir
pyn en inflammasie maak dus baie sin, of beter nog dan ‘n anti-inflammatoriese
inspuiting wat jy by ‘n veearts kan kry.
Muggies hou van
laagliggende gebiede en vleie – so skuif diere na hoër liggende gedeeltes. Verder verkies
hy beesbloed bo skape sin – so jaag beeste by die trop as jy kan.
Sinvolle inenting vereis dat ons die entstof en sy
werking ken, die siekte – sy oorsaak en gevolge verstaan, en ook weet hoe die
skaap se immuunstelsel werk. Wat sê die voubiljet? ( “Package Insert”)
-
Die volle reeks
moet toegedien word om:
-
Die wydste moontlike dekking te kry (NIE volledige dekking
nie!!!)
-
Stoor
in yskas by 4 – 8 grade Celsius
-
Vermy
blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig tydens inenting.
Bloutongtyd is in
die somermaande wanneer die muggies wat die siekte oordra aktief is. Ons wil
maksimum beskerming dus op die piek gevaartyd hê.
-
Dit word aanbeveel dat inenting nie in die eerste helfte
van dragtigheid moet geskied nie
-
Dat ramme NA
die dekseisoen gedoen moet word
-
Lammers van
geënte ooie moet na 6 maande ouderdom gedoen word. In areas waar erge
besmettings voorkom, moet lammers voor die ouderdom gespuit word, maar dan moet
dit herhaal word sodra hulle 6 maande oud is.
-
Skape moet jaarliks
ingeënt word.
-
7 dae vleisonttrekking
-
Slegs gesonde diere moet ingeënt word
(Wat is `n “gesonde dier ”? Is `n
skaap wat met parasiete besmet is, gesond ? Moet ons so `n dier eers ontwurm en
dan ent, of albei sommer saam doen?)
-
Hou buite bereik van kinders en oningeligte persone (Hoe
ingelig is boere? Aanbevelings vir gebruik :
-
Gebruik
slegs soos aanbeveel
-
Steriliseer spuite en naalde...
-
Moenie ontsmettingsmiddels of spiritus gebruik nie
-
Gebruik `n aparte
naald vir elke dier
-
Spuit alle diere
-
Skud gereeld en skud goed
-
Reeds genoem
o
Gebruik dadelik na aanmaak
o
Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig
tydens inenting
-
Onderhuids .
-
die Fakulteit van Veeartsenykunde se aanbeveling, van
agter die oor – hoog in die nek. Die sg “scrag” area.)
-
`n Koorsreaksie
mag vanaf 7 dae na inenting voorkom
(die koorsreaksie mag / kan in ramme
tot tydelike onvrugbaarheid lei)
-
“redelike immuniteit teen meeste van die virustipes word
3-4 weke na die laaste inspuiting verkry”, maar dit word ook genoem dat dit
steeds nie in alle diere gewaarborg kan word nie.
Lees die
voubiljet , ontleed en bestudeer . Besluit self wat prakties onder jou
omstandighede is, maar besef die implikasies of gevolg van die afwykings!
Beeste is veronderstel om “asimptomatiese draers”
van die siekte te wees, maar dat veral kalwers soms kliniese tekens toon. Die
virus oorwinter hoofsaaklik in beeste .
Ek herinner ook graag dat lamverliese lank na die siekte
voorgekom het steeds hieraan gekoppel kan word – aborsies, lammers
met genetiese afwykings of wat sonder brein gebore word ....
Ken die vyand –
die “Brandassie”, of Culicoides muggie wat die siekte oordra, en ken sy
gewoontes
-
Waar hy voorkom
o
Waar op die plaas
§ Vleie en
laagliggende gedeeltes
§ Waterryke
areas
-
Wanneer hy aktief is
o
Tyd van die dag
§ Vroeg
aand en vroeg oggend, net voor sonsondergang en weer net na sonsopkoms
o
Tyd van die jaar - somermaande
-
Sy voedselvoorkeure – bv dat hy beesbloed bo skaapbloed
verkies
Dan word aanvaar dat jydie immuunstelsel van die skaap
verstaan:
-
Oor hoekom die skaap dan nie op een slag / gelyktydig teen
al 18 stamme van Bloutong kan ent nie, maar wel teen 10 of meer bakteriese
antigene gelyktydig.
Met die agtergrond, en die aanvaarding dat ons saamstem
dat Bloutong `n essensiële entstof is om jou skape, in jou area, op jou plaas,
in te ent, moet ons na jou plaas en wat daar gebeur kyk:
As jou paartye is / was:
20/10/ tot 29/11/04/07/-
-
20/10/ -
-
20/02/ –
Lammers:
Die ooie het m.a.w. op middel Maart begin lam tot einde
April. Die jongste van die lammers gaan dus Einde Oktober / Novemder eers oor 6
maande ouderdom wees en reg vir Bloutong inenting.Is dit `n nat of droë jaar?
Gaan ons hulle voor 6 maande ent en in Oktober weer oor ent? Wat is die risiko ?
As jou plaas in koue deel is, en as dit
`n droë jaar is. Jy het in die verlede reg geënt, so die lammers behoort `n redelike biesimmuniteit van hul moeders te
gekry het.
Aanbeveling –
begin ent in Oktober, 3 weke uitmekaar om `n goeie “basisimmuniteit” of
fondament vir die toekoms te kry, en hou hulle indien moontlik op hoër dele van
die plaas (weg van vleie af), of saam met beeste (muggie verkies beesbloed) en
spuit hulle “toplyne” 3 weekliks met ’n geregistreerde middel indien hoë risiko
toestande sou ontwikkel (vroeë, nat en warm toestande)
Volgende paartyd op Okt – Ons wil nie graag in die twee maande
voor paar inent nie (moontlike koorsreaksie mag lei tot tydelike
onvrugbaarheid)
Dit los vir ons 14 dae om ten minste 1 inenting in te
pas. Uit `n praktiese oogpunt uit beveel ek egter aan dat ons nou Bloutong A
spuit, B oor 3 weke en C dan as die ramme uitkom .
Spermvorming neem 42 dae, en rypwording `n verdere 2 weke
– vandaar die 8 weke of 2 maande.
Die kalf is in die put, en alles in ag genome glo ek dis
ons beste opsie om dan die een week te “steel”.
Die ooie was nou by die ram, en hopelik is almal wat
gedek was, gemerk.
Ooie moet klaar geënt wees 3 weke voor paar.(minimum 10
dae)
Deel solank die trop in 2 : die wat gesonar moet word, en
die ongedektes
As ons dus by die ongedektes begin – ook hier het ons 74
dae voor die volgende paartyd.
Ent so gou moontlik daarna A, oor 3 weke B en dan 3 weke
later die C.
Weereens sit ons met `n probleem – moet ons wag tot die
ooie in hul tweede helfte van dragtigheid is, 6 weke voor lam (Feb) – in
bloutong tyd, en dan moet die entstof eers nog werk (3 weke later), of sny ons
dit nou fyn?
My keuse val op die laasgenoemde opsie, nl ent nou en kry
klaar!
Dan die
“dragtige” trop –
6 weke voor lam, wanneer meeste ooie dan in die tweede
helfte van dragtigheid is, so middel September – begin dan met A . Gee B dan 3
weke later vroeg Nov..
Die ooie gaan dan lam vanaf Nov vir 6 weke – tot so amper
“middel Januarie”.
Hulle sal dan hul C entstof middel Feb kry.
By die trop sal ons dan ook ekstra beheermaatreels moet
toepas – vermy leegtes, dip, beeste saamloop ...
0 comments:
Post a Comment