Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!

Saturday, October 25, 2014

Timetable - Cultivated pastures (South Africa)



Sheep on Lucerne - Skape op Lusern


Rooster - Aangeplante Weiding

Die koeie vreet mengsel van groen lusern, groen hawer/ryegrass, mieliemeel, sojaoliekoek, katoensaad en minerale. 57% kragvoer teenoor 43% ruvoer op DM basis bereken. - Gerdie Landman - Mooimelk Koeihotel, Kookhuis, Oos-Kaap. 




Sunday, October 5, 2014

Organiseer deur te sinkroniseer



Dragtige ooie
Sinkronisasie beteken nie noodwendig om al jou diere op een dag te laat dek met KI of laparoskopiese inseminasie nie, maar wel om jou paartyd so kort as moontlik te kry.
Die hele doel moet wees om die regte bestuursprosedure op die regte manier, en op die regte tyd te doen. En hoe meer homogeen die groep is, hoe meer diere is in dieselfde produksie stadium. Die geheim lê dus daarin om die regte tyd te ken of te verstaan, en om dan te weet wanneer meeste van jou diere so na as moontlik daaraan is.
Praktiese Wenke
As jou paartyd ses weke is, is die oudste lam dus ses weke oud en reeds reg om sy eerste dosering te kry op die dag wat die laaste of jongste lam gebore word. Meeste lammers word gewoonlik in die eerste siklus gebore - dit wissel, maar tussen 60 en 80% kan in die eerste 17 dae gebore word. As jy dus vir die laatlammers wag om ses weke oud te word, kry die oudstes al vir langer as `n maand `n knou! En hoe langer jou paartyd, hoe groter raak die gaping en hoe meer lammers word verder vanaf die "ideale" tyd ingeent en gedoseer
 By inentings weet ons dat die maternale immuniteit - dit is die beskerming wat die moeder deur die biesmelk aan die lam gee - die lam vir die eerste twee maande van sy lewe beskerm en in sekere gevalle kan inmeng met vroeê inentings.
In `n ses weke paartyd is die oudste lammers dan op ongeveer twee weke na die einde van lamtyd reeds vatbaar vir siektes soos bloednier en behoort hulle hul eerste inentings te begin kry.
 Verkort jou paartyd en verhoog jou inkomste!
Dit klink kontrasterend, maar dit is hoe dit werk. Voorstel: paar vir net 28 dae ‘(vier weke), en wel elke vier maande. Dit is die sg halfpaarstelsel, waar die kudde in twee gedeel is en elke kudde alternatiewelik gepaar word. Meeste ooie lam dus elke agt maande, en as `n ooi oorslaan kom sy vier maande later weer by die ram en lam dan met `n 12 maande interval.
Die totale paar en lamtyd is dus 84 dae per jaar, of dan drie paartye van 28 dae elke vier maande.
Hierdie was beproef en die resultate spreek vanself - `n speenpersentasie van om en by 180% en verbeter steeds elke jaar!
Die verkorte lamtyd bespaar nie net arbeid en voerkoste nie, maar het tot gevolg dat die oudste en jongste lam slegs 28 dae verskil, wat weer `n groot invloed het op die bestuur(ent en doseer) en ook seleksie vergemaklik!
Dis wetenskaplik bewys dat die vrugbaarste ooie geneig is om vroeg in die teelseisoen besit te raak. Indirek word dus ook geselekteer vir vrugbare diere.
Verbeterde toesig lei tot laer lamverliese. Meer lammers, meer geld.
Die voordele van `n verkorte paartyd is dus legio!

Plaashek


Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elke vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie… net
‘n luggie wat
skrams aan die ritselende
grassade vat.











Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
‘n groene swier.
Niks stoor die yle swewende
bergstilte hier.


Ná al die jare maak ek weer
‘n plaashek oop
Waar het my paaie
tog nie geloop
om my hier by ‘n hek te bring      
                                  
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?



Die hek staan in die skad’wee van
‘n kremetart.
Die stilte in my’s volkome met
niks troebels, niks verward.
Ek lig die knip…

Ek maak
‘n hek oop in my hart.




 - Uys Krige (1910 – 1987)