Port Elizabeth
– Die wolmark het vandeesweek sterker vertoon en die Cape
Wools Merino-aanwyser het met 2,1% gestyg en op R113,45/kg (skoon) gesluit. Dit is 1,6% hoër as op die
openingsveiling en 8,3% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige
seisoen. Op die Australiese mark het die aanwyser met 3,1% teruggesak . Die Cape
Wools Alle Wol aanwyser styg met 1,7%.
Wolveilings
het hervat na die Paasreses en plaaslike handelaars het opgemerk
dat die verminderde wolvoorraad voordelig is vir wolprodusente wat beter
kwaliteit wol aanbied. Die kopers meen hierdie toename was ondersteun deur die
swakker Rand en het opgemerk dat daar ‘n ferm vraag vir goeie gehalte lang
Merinowol vanuit China was.
Die
Rand teen 12,08 was sowat 2,5% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke
met die vorige week se veiling en teen R12, 82, sowat 1,6% sterker teenoor die
Euro. ʼn Verkoopspersentasie van 99% is bereik van die 11 949 bale wat op
die veiling aangebied was.
Die grootste kopers
op die veiling was G Modiano SA (3 887), Standard Wool SA (2 887), Lempriere SA
(2 513) en Stucken & Co (1 088).
Die weeklikse prysmandjie, beperk
tot AWEX tipe MF5, 70-80mm, VM<=2% wol alleenlik, se gemiddelde prys
beweging was as volg: 18 mikron styg
met 3,9% tot R125,75/kg, 18,5 mikron versterk met 2,2% tot R121,91/kg, 19
mikron versterk met 2,6% tot R117,64/kg, 19,5 mikron versterk met 2,4% tot
R114,50/kg, 20 mikron styg met 2,7% en sluit op R113,21/kg, 20,5 mikron styg
met 2,3% en sluit op R112,02/kg, 21 mikron versterk met 2,6% en sluit op
R110,41/kg, 21,5 mikron was onveranderd op R107,64/kg en 22 mikron styg met
0,6% tot R107,64/kg.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 22
April wanneer sowat 5 400 bale aangebied sal word.
0 comments:
Post a Comment