#Landbouers produseer binne ‘n
lewendige omgewing waar die klimaat ‘n geweldige invloed op grond, weidings en water uitoefen en die suksesvolle bestuur hiervan sal noodwendig daarvan afhang of sekere langtermyn ekonomiese en sosiale beginsels
nagekom word.
Dit beteken onder andere
dat daar ‘n ordentlike plan, wat ‘n #risiko-
en #moniteringsplan insluit, vir bykans elke faset van ‘n boerderystelsel
moet wees.
Die eerste fokus val op die #volhoubaarheid
van u boerderystelsel. Elke plaas
lyk anders en daar is spesifieke uitdagings wat oorkom moet word. ‘n Beste praktyk is eenvoudig om ‘n
geskrewe plan met die hulp van u #plaaskaart op te stel . Die volgende vrae kan met die opstel van die
plan help.
1. 1. Wat is die toestand van my grond in terme van #beweiding, #beskutting,# indringerplante en #gronderosie
en is daar iets wat daaromtrent gedoen moet word.
2. 2. Wat is die verwagte impak van #klimaatsverandering
op my boerdery en is daar ‘n plan om die invloed daarvan te bestuur.
3. 3. Is sensitiewe areas in terme
van fauna en flora identifiseer en word dit korrek bestuur .
4. 4. Is daar voldoende #water en is
daar ‘n risiko dat dit besoedel mag raak.
5. 5. Bestaan daar ‘n #brandgevaar
6. Hou die gebruik van chemikalie en
sintetiese misstowwe ‘n risiko in en is my #afvalbestuur volgens wetgewing.
7. 7. Word energie doeltreffend
gebruik en word die gebruik van fossielbrandstof beperk.
8. 8. Wat is die potensiaal van #herwinbare
energie en kan dit infasseer word.
Prioritiseer u
planne op grond van die volhoubaarheid daarvan en volgens ekonomiese realiteite.
Die tweede fokus val op die saamstel van ‘n omvattende en opwindende #finansiële
plan met die oog op berekende doelwitte en geleenthede. As daar
oorhoofs na gekyk word behels dit eenvoudig dat daar ‘n gewoonte daarvan
gemaak moet word om onder andere die
volgende begrippe uit te leef;
1. Bestaan daar ‘n medium en langtermyn visie vir die
boerderyonderneming inagggenome
nasionale en internasionale veranderlikes soos grondgebruik, beskikbaarheid van water , energie, verwagte
wetgewing en verskuiwings op die gebied van die kwaliteit van en behoeftes vir jou produksieartikel, wol en
vleis.
2.
Bestaan daar ‘n
bemarkingstrategie om die meeste te verdien vir die produkte wat produseer
word.
Word moontlike ekonomiese bedreigings
identifiseer en is daar ‘n plan om dit teen te werk.
U verwagtings en planne moet altyd volgens die ekonomiese haalbaarheid
daarvan prioritiseer word. ‘n Finansiële
plan soos almal seker daaraan gewoond is
sluit natuurlik ook die gedeelte oor die “nuts en bolds” in en waar daar vir aanpassings voorsiening gemaak is.
· ‘n #Kontantvloei #begroting wat
jaarliks volgens beraamde uitgawes en
inkomstes opgestel word en deurlopend hersien word.
· Die opstel van ‘n voorspelde
bateprofiel in terme van finansieringbehoeftes.
· Word gebeure op die finansiële front
op ‘n deurlopende basis gemonitor.
‘n Derde fokus area waarsonder die boonste twee gladnie doeltreffend
toegepas kan word nie is die noodsaaklikheid van toeganklike en interpreteerbare
#rekordhouding .
1.
Wat is die produksiepotensiaal
van die boerderyeenheid en tot waar kan dit verhoog word.
2.
Wat is produksie per hektaar
(waar dit van toepassing is) in terme van wol en vleis, wat is die potensiaal
en wat is die kostes daaraan.
3.
Word die redes en insidente van
elke veeverlies aangedui. Sonder die
inligting sal ekonomies regverdigbare regstellings moeilik indien nie
onmoontlik wees nie.
4.
Word afsonderlik rekord van uitgawes en inkomstes gehou
om die verhoudelike doeltreffendheid van
die boerdeystelsel te bepaal.
Die bogenoemde drie fokusareas is gerig op ekonomiese besluitneming
Met dit
alles is daar ‘n vierde fokusarea
wat net so belangrik is. Die kanse op
ekonomiese sukses sal groter wees in ‘n
omgewing waar die werkgewer gelukkig is en waar die werknemers respekteer word.
Sosiale klem kan onmoontlik nie net op
die welstand van werknemers geplaas word nie en gelukkigheid kom nie vanself nie. Daar moet noodwendig vir strewes, geleenthede
en dissipline voorsiening gemaak word.
Die volgende vrae kan gevra word en besluite kan hiervolgens geneem word;
Wat die kwaliteit
van lewe betref,
·
Word daar voldoende tyd vir
familie en vriende opsy gesit.
·
Word daar vir ruskansies en ‘n
jaarlikse verlof beplan.
·
Is daar ‘n bewustheid om by die
gemeenskap betrokke te raak.
·
Is werknemers gemaklik en het
hulle die selfvertroue om vergaderings
oor hulle eie behoeftes in die werksplek te hou.
·
Het elke werknemer ‘n
persoonlik gestelde doelwit waarvolgens hy sy dag kan bestuur sodat dit hom kan
help om spanning te verlig.
·
Word daar jaarlikse prestasie
doelwitte aan elke werknemer gestel, is die werksprogram duidelik en is daar
‘n stelsel van individuele erkenning.
0 comments:
Post a Comment