Kunstenaar Barbara Philip se uitstaande skildery. Sien haar kunswerke op haar Facebookblad of op http://silvermere.africanpainting.com/ |
Skeertyd deur Josua du Toit van Ouplaas
Prins Albert Hamlet Ceres
Langwol merino’s wat teen mekaar
stuit
in maalbewegings soos ‘n
kabbelende spruit
groot wolstapels wat oor hul rue
rol
tot uiteindelik die kraalhek
agter hul sluit.
Dis weer tyd om te skeer
Energie en opwinding laai die
atmosfeer,
‘n oes gaan inkom met ‘n ryke
ritueel,
‘n skouspel beloof om hier af te
speel
Die skeerders skerts
Oor die voorkoms van die trop -
Swaargewigte met plooie hier en
daar
Die vangkraal volgeprop,
Vasvat en styfstaan vir dae
aanmekaar
Die voorman gee die teken
En hul storm die vangkraal in -
‘n stryd om die ligste vangs te
win
Die skeerders het begin:
Lang rugte knak oor vaal figure
Die kommentaar gaan saam
Met die ritmiese klap van die
skêre
Elk op sy eie tyd en met sy eie
faam
Penswol word deur die vloerman
opgeraap
Vir die stukkiestafel.
Vagvol rol af soos branders
Sonder om uit te rafel
Die witskaap is verlig
Om die skeervloer te verlaat
Terwyl geoefende oë reeds soek
Vir sy volgende maat
Intussen word die vag haastig
gevat
En die wolgooier skiet dit
Soos ‘n groot karos
Op die tafel se hortjiesblad
Behendig word die rugwol en
randte verwyder
Die vagwol land in die regte bak
En die wolgooier staan en wag
Met die volgnde vag
Onverpoos gaan dit voort
Skaap vir skaap, vag vir vag
die hokskaap laat ons bietjie
wag en
en kry weer veslag
oor sy dightheid en sy drag
Dan word die skêre geslyp
Op ‘n klip wat saam met die
skeerders reis
en weer word gewag vir die
laaste man
voor die teken om te vang
Die stormloop word herhaal
en die musiekspel
van die skêre vertel
in hul eie taal
die volle verhaal
Hok vir hok tot die son gaan
slaap
en die laastes getel word, skaap
vir skaap
dan word die skêre opgehang
die lootjies soos dobbelstene
gegooi, getel en aangeteken
terwyl hulle slyp met
uiutgestrekte bene
Die vuur in die kookskerm brand
hoog
terwyl dien kok die pap en vleis
berei
word die skaapvel en komberse
op die skeerplek oopgesprei –
skeerplek, werkplek, rusplek,
nomadiese koninkryk vir hom
beskik
eenvoudig soos sy toerusting
twee skêre,’n slypklip en
waterblik
As die wolbakke vol loop
kom die woltrappers by
wat die wokl in ‘n pers trap
tot die baal sy vorm kry
en gepers word tot by blinkstyf
dy
Die netjiese stapels skoonwit
bale
is die trots van die wolkweker
en dra sy naam
die vrug van sy arbeid
met sy dankbaarheid saam-
‘n simbool van sorg en tradisie
die kleding van die mensdom sy
missie
Uiteindelik is die laaste trop
van hul drag bevry
en hulle klim die hange in ‘n
neutvars gewaad
almal wat deelneem is bly
want ‘n taak is voltooi
die skeersel en die skape is
mooi
Nou is tyd om boeke op te maak
Lootjies word getel om die loon
te bepaal
Wat man vir man self kom haal
Skeerwonde was binne perk
En daar is bonus vir goeie werk
Die plaasvrou kom groet
Met ‘n stel gebreide musse
of serpe vir die skeerders
om ons saamwerk te onthou
by hul tuiste in die winterkou
Die wolkweker en die voorman
groet mekaar
met ‘n ondelinge kontrakgebaar
vir die volgende skeertyd
anderkant van die jaar
Mag ons die Goeie Herder
tevrede stel
as Hy ons elke dag se lootjies
tel.
0 comments:
Post a Comment