Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!

Saturday, January 25, 2020

RAAD AAN RAMKOPERS B ovis


By on 5:42 PM


Die ideaal is dat alle ramme waarvoor geld betaal word, gesertifiseer en gemerk word met ’n unieke oorplaatjie wat ooreenstem met die dier se ingeplante mikroskyfie.
Toets jou eie plaas se Brucella ovis-status.
Dring aan op n vrugbaarheidsertifikaat saam met gekoopte ramme.
Kry die sertifikaat in jou hand en bevestig dat die ram se saad mikroskopies ondersoek is. Saadgehalte is die beste maatstaf vir langdurige ramvrugbaarheid.
Bevestig dat ramme met Rev1, die entstof teen B. ovis, ingeënt is.
Wees krities oor die ouderdom waarop die ramme ingeënt is.

Hanteer lewende entstof noukeurig en volgens die aanwysings.

0 comments:

Post a Comment