Die potensiaal / geleenthede
vir vleisproduksie.
Daar beslis potensiaal vir die
verhoogde rooivleisproduksie nl.
·
Suid – Afrika is
`n netto invoerder van rooivleis
·
Suid – Afrikaanse rooivleis is van hoë kwaliteit met
besliste uitvoer – potensiaal. Die
wisselkoers het natuurlik `n effek op die winsgewendheid van uitvoer.
·
Suid – Afrika maak slegs 1% van die wêreldmark in
rooivleis uit.
Oorwegings vir die Produsent.
Elke boerdery - vertakking het
sy eiesoortige uitdagings. Alle
Graanboere is daarom nie vanselfsprekend suksesvolle beesboere nie.
Graanprodusente is goed gerat vir graanboerdery en indien nog nie met vee
geboer word nie, moet voornemende veeboere deeglik besin oor die vereistes vir
finansiële sukses. Vir hierdie boere sal
dit loon om
relatief klein te begin en in veeboerdery in te groei. Dit is egter so dat baie
graanboere reeds met groot sukses met vleisbeeste boer . Vir hierdie produsente hou diversifikasie die
volgende belangrike voordele in:
·
verspreiding van risiko deur die toevoeging van vleis en
surplus vee tot graan as verkoopbare produkte.
·
Positiewe effek op
die kontantvloei deur `n beter verspreiding van bemarking/verkope oor die
boekjaar.
Een van die belangrikste lesse
geleer uit die tagtigerjare se grondomskakelingsskema is die noodsaaklikheid
van `n voervloeibenadering as dit
kom by die vestiging van aangeplante weidings.
Dit impliseer dat die produsent presies moet weet waar en hoe die nuwe
weidings in sy voervloeiprogram gaan inpas.
Anders gestel, as daar nie `n duidelike
rol vir die nuwe weidings in die voervloeiprogram is nie, sal dit
waarskynlik nie betaal om die koste van vestiging aan te gaan nie. Dit is gewoonlik die hoofrede hoekom duur
gevestigde weidings soms weer uitgeploeg word.
Vir koste- effektiewe
voervloeibeplanning is dit belangrik dat goedkoop beskikbare ruvoer bronne
optimaal benut word. Duurder voerbronne
word dan strategies aangewend om óf doeltreffendheid van produksie te verhoog
óf om produksie vertikaal uit te brei.
Beskikbare voerbronne op `n tipiese graanplaas sluit in :
1.
Oesreste: `n Goeie
ruvoerbron vir oorwintering, en waarvan daar gewoonlik meer as genoeg is. Oesreste is gewoonlik die goedkoopste opsie
vir oorwintering.
2.
Natuurlike veld:
Veld op uitvalgrond is `n belangrike bron van somervoer, maar op die
tipiese graanplaas gewoonlik skaars en dikwels oorbewei.
Indien die veevertakking
uitgebrei wil word, is dit gewoonlik die tekort aan somerweiding wat deur die
aanplant van weiding oorkom kan word. In
die beplanningsfase moet daar doelgerig gewerk word om `n balans tussen
winterweiding (oesreste) en somerweiding (veld en aangeplante weiding) te
verkry. Andersins moet gewaak word
daarteen om nie soveel om te skakel dat daar `n tekort aan oesreste vir
oorwintering is nie.
Die fokus op `n graanplaas is
op graanverbouing. Veldbestuur word
daarom dikwels afgeskeep . Goeie
veldbestuurspraktyke kan egter veldproduksie meer as verdubbel, `n aspek
waaraan die voornemende veeboer beslis aandag sal moet gee. Onthou veld is “goedkoop ” met `n lae risiko
in vergelyking met aangeplante weiding .
Verbouing van Aangeplante
weiding:
Grond en bemesting
Die omgewing waar u boer is
belangrik (grond , klimaat ). Kry
wetenskaplike kundigheid by u naaste Departementele proefplaas of ander
kundigheidssentrums. By aangeplante
weiding is konserwatiewe bemesting die wagwoord .
`n Peulgewas soos lusern is `n
uitmuntende weiding vir wolskape, maar weens die opblaasgevaar is beesboere
grootliks aangewese op grasse. Hier is
die reël eenvoudig: Bly by die beproefde grasspesies bv.
·
OVS, NW en Limpopo meerjarig: Smutsvinger (leem- en kleigrond)
Bloubuffel
(leem- en kleigrond)
·
Oostelike Hoëveld:
Smutsvinger (leem- en kleigrond)
·
Eenjarig: Babala
en Voersorghum
Produksie- gebiede,
bestuur, aanwending, ens, het `n groot invloed op winsgewende vleisproduksie
vanaf aangeplante weidings. Die
onderliggende beginsels vir winsgewende verbouing van aangeplante weiding word
egter baie goed geïllustreer deur die gegewens in Tabel 1. (Dannhauser, Van Zyl & Whitehead, 2005)
en Tabel 2 (Van Zyl, Peddie & Dannhauser, 2005). Uit die gegewens is dit duidelik dat
aangeplante weidings veral finansieel tot sy reg kom as dit vir die afronding
van diere vir die mark aangewend word.
Die beskikbaarheid van sulke diere moet egter in gedagte gehou word.
Opsomming van produksie en
bruto- marges van nege stelsels met veld en/of Bloubuffelsgras.
|
Reënval
(
|
|
|
Kg
N
|
Prod.
|
R ha-1
|
Mara
|
473.5 - 772.2
|
Koei/
|
Nee
|
-
|
26.3
|
R171.00
|
Mara
|
473.5 – 772.2
|
Koei/
+
|
|
67
|
14.8
|
R100.98
|
Springbok flats
|
534 – 651
|
Koei/
+
|
|
74
|
156.3
|
- R341.85
|
Glen
|
397.7 – 811.3
|
Koei/
+
|
Nee
|
90
|
146.7
|
R375.52
|
|
-
|
Koei/
+
|
Nee
|
60
|
124.6
|
R555.24
|
|
548.0
|
|
Nee
|
-
|
37.6
|
R328.10
|
|
548.0
|
|
|
56
|
176.3
|
R769.18
|
|
491.4 – 511.5
|
Jaaroud afronding op
C.ciliaris
|
Nee
|
0
|
143.9
|
R1223.15
|
|
491.4 – 511.5
|
Jaaroud afronding op
C.ciliaris
|
Nee
|
42
|
214.3
|
R1454.75
|
Die winsgewendheid van die
afronding van diere op Eenjarige voersorghum te Dundee word in Tabel 2 aangetoon. (Van Zyl, Peddie en Dannhauser, 2005)
|
(
|
|
|
||
(R)
|
Wins/Verlies
(R ha-1 )
|
(R)
|
Wins/Verlies
(R ha-1 )
|
||
2002
|
471
|
2919
|
919
|
3336
|
1336
|
2003
|
506
|
3542
|
1542
|
4048
|
2048
|
2004
|
557
|
3899
|
1899
|
4456
|
2456
|
2005 *
|
232
|
1624
|
-376
|
1856
|
-144
|
|
428
|
2996
|
996
|
3424
|
1424
|
Notas: Gemiddelde verbouingskoste van R2000/ha in
berekening gebring.
* Kultivar gebruik was ‘n
kuilvoertipe, met baie swak hergroei na die eerste beweiding.
1.
Die inskakeling of uitbreiding van ‘n veevertakking tot graanboerdery, moet as
langtermyn strategie gesien en bestuur word.
Die duurste aangeplante weiding is die wat uitgeploeg word sodra
graanpryse herstel het!!
2.
Volg ‘n voervloeibenadering en vestig addisionele
weidings met ‘n goed beredeneerde doel.
3.
Maak optimaal gebruik van beskikbare voerbronne soos veld
en oesreste.
4.
Die afronding van diere vir die mark gee die beste ekonomiese
resultate. Die beskikbaarheid van sulke
diere kan egter beperkend wees.
5.
Sukses is nie vanselfsprekend nie . Verkry die beste beskikbare kundigheid om
uself as veeboer te bemagtig, soos die geval met u as graanboer is.
1.
Dannhauser , C. S., Van Zyl, E. A. and Whitehead, E. N. C.
2005. An economic review of beef
production from Cenchrus ciliaris with special reference to the Limpopo
Province.
2.
Van Zyl, E. A., Peddie, G.M. & Dannhauser, C.S.
2005. Voersorghums en Babala.
No comments:
Post a Comment