Port
Elizabeth – Die wolmark het verlede week se pryse
gehandhaaf en die Cape Wools Merino-aanwyser
het met 0,9% gestyg tot R141, 20/kg (skoon ). Dit is 26,5% hoër as op die
openingsveiling . Op die Australiese mark het die aanwyser met 2,0% gestyg . Die
Cape Wools Alle Wol aanwyser styg met 0,9%.
Plaaslike handelaars het opgemerk
dat fyner wol op die dag effens duurder en growwer wol effens goedkoper
geëindig het, maar deur en deur ‘n wonderlike afsluit tot ‘n suksesvolle seisoen.
Die Cape Wools Merino-aanwyser is op ‘n
historiese hoogtepunt en verwagtinge is dat die mark sy positiewe momentum sal
handhaaf op huidige vlakke vir die nuwe seisoen.
Die
Rand teen R12, 33 was sowat 0,7% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke
met die vorige week se veiling en teen R13, 89, sowat 2,0% swakker teenoor die
Euro. ʼn Verkoopspersentasie van 98% is bereik van die 10 369 bale wat op die
veiling aangebied was. Die grootste kopers
op die veiling was Lempriere SA (4 004), Standard Wool SA (3 737) en G
Modiano SA (1 716).
Die weeklikse prysmandjie, beperk
tot AWEX tipe MF5, 70-80mm, VM<=2% wol alleenlik, se gemiddelde prysbeweging
was as volg: 18 mikron styg
met 1,7% tot R152,38/kg, 18,5 mikron is onveranderd op R147,46/kg, 19 mikron versterk
met 3,2% tot R146,90/kg, 19,5 mikron versterk met 1,8% tot R145,07/kg, 20
mikron daal met 0,4% en sluit op R140,57/kg, 20,5 mikron styg met 1,9% en sluit
op R140,47/kg, 21 mikron versterk met 2,1% en sluit op R139,32/kg, 21,5 mikron
versterk met 1,9% en sluit op R137,27/kg en 22 mikron styg met 0,5% tot
R135,76/kg.
Die eerste veiling van die nuwe seisoen is
geskeduleer vir 12 Augustus.
0 comments:
Post a Comment