Maksimum gebruik van goedkoop voerbronne
Lekinname behoort gereeld bepaal te word en die samestelling van die lek, indien nodig, aangepas te word om die ideale proteïeninname so ver moontlik te bewerkstellig.
Lekinname behoort gereeld bepaal te word en die samestelling van die lek, indien nodig, aangepas te word om die ideale proteïeninname so ver moontlik te bewerkstellig.
Die aanpassing kan geskied deur die persentasie sout en/of mieliemeel in 'n lek
te verhoog of te verlaag, na gelang lekinname verlaag of verhoog moet word.
Ten einde 'n
kostedoeltreffende veeboerdery te bedryf, moet maksimaal van goedkoop
voerbronne soos veld en oesreste gebruik gemaak word.
Dit sal die
volgende voordele inhou:
• Verminderde
risiko
Risiko sal met die nuwe
weiveldbestuursbenadering verminder word, want die kanse is skraal dat
ruvoertekorte sal ontstaan as die stelsel korrek toegepas word.
• Verbeterde
groei
Met skape is
bewys dat die groei van veral sensitiewe diere soos speenlammers aansienlik
verbeter kan word.
• Spaarveld
gedurende die winter
Deur die
toepassing van hierdie benadering sal 'n beduidende hoeveelheid spaarveld elke
winter beskikbaar wees, waarop minder sensitiewe diere relatief goedkoop oorwinter
kan word. Dit is 'n belangrike aspek aangesien dit vandag ongeveer dubbel kos
om 'n skaap op hooi te oorwinter, teenoor waar aanvulling op veld voorsien
word.
Oesreste is 'n
waardevolle en goedkoop bron van ruvoer vir die oorwintering van sensitiewe diere
soos speenlammers, lammerooie en speenkalwers. Goeie kwaliteit ruvoer kan
voorsien word sonder dat dit 'n direkte uitgawe in die skaap- of beesvertakking
meebring.
Die tweede manier waar dus op aanvullingskoste gespaar kan word, is
om toe te sien dat voldoende hoeveelhede spaarveld en/of oesreste gedurende die
winter vir die vee beskikbaar is. Indien ruvoer op enige stadium sou opraak,
sal dit aanleiding gee tot verhoogde aanvullingskoste en verlaagde
diereproduksie.
Die peil van
proteïenaanvulling blyk van kardinale belang te wees vir die suksesvolle
oorwintering van skape op veld. Vir droë, volwasse skape word 'n proteïenpeil
van ongeveer 40 g/skaap/dag (6,5 g stikstof/skaap/dag) aanbeveel om
massaverlies op suurveld op sanderige grond in 'n redelike mate te beperk. Op
soeter veldtipes (bv. rooigrasveld ) kan dit effens laer wees.
By laat
dragtige ooie behoort die proteïenpeil gedurende die winter opgestoot te word na
ongeveer 60 g proteien/skaap/dag.
Selfproduseerbare proteïenryke grane soos sojabone en lupiene kan suksesvol en baie ekonomies as
daaglikse of tweedaaglikse winteraanvullings gebruik word.
Die proteïeninhoud
van energieryke grane soos mielies en selfs stikstofverrykte mielies, is te
laag om sonder enige verdere proteïenaanvulling as ekonomies doeltreffende
aanvullings op winterveld te dien.
0 comments:
Post a Comment