Henti Le Roux van Calvinia deel ‘n bietjie humor
so uit 1950 se “wolboom” tyd.
So het Koos en Jan langs
mekaar geboer. Albei het gewedywer met merinos. Saam ramme gekoop, saam
geskeer, geskaap gedip ens.
So gebeur dit dat wol die
hoogte in skiet, en skeer die twee saam in Maart. Koos koop ‘n groen Chef
Lorrie sodat hyu self sy wol FCU in Maitland, Kaapstad kan aflewer. En so kom haal hy toe ook Jan se wol . Na 21
dae ry Jan Calvinia toe en kry die pos. Hul gewigte is daar en die
veilingsdatum is op dieselfde dag. Net daar besluit hul om die geleentheid by
te woon . Jan het so ‘n 1935 seilkap Fordjie en hy ry ‘n dag voor die tyd Kaap
toe. Daar kry hul die katalogus van die veiling die die lotnommers by FCU
kantoor. Jan werk uit dat as hy een pond vir ‘n pond wol kry betaal hy net sy
skuld. Tienuur die more is altwee by die veiling. Jan se wol word voor Koos se
wol opgeveil. Hul kry toe plek op die gallery en Jan het die papiere in sy hand
– hy volg die veilingen steek ‘n sigaret aan. Rook dat die blou dampe saatn en
Koos sit so skuins agter hom en bekyk die besigheid. Jan se wol is 18.12 pond .
Hy steek kort-kort ‘n sigaret aan en die wol trek later by 19.19 pond. Hul
slaan die bod toe op een pond nege
pennies. Jan draai so om na Koos en vra waar is sy sigaret wat hy nou net in sy
hand gehad het. Koos kyk hom ewe bedees aan en sê vir hom hy het die sigaret
half gerook en die res opgefrommel en sommer opgevreet!
Koos se wol kom
toe ook op en die kry toe net een pond. So het Jan toe sy skuld betaal – die
Lorrie by Calvinia Motors, sy ramme en plaasskuld. Moeilike tye waaroor mens
boekdele kan skryf
0 comments:
Post a Comment