Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!
Showing posts with label Nuus. Show all posts
Showing posts with label Nuus. Show all posts

Wednesday, June 3, 2015

Sterk vraag dryf SA Wolmark tot Rekordvlak



Port Elizabeth – Sterk aanvraag en ‘n swak geldeenheid dryf wolpryse tot nuwe rekord hoogtes en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 4,7% gestyg en op R140,00/kg (skoon) gesluit. Dit is 25,4% hoër as op die openingsveiling en 27,9% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen. Op die Australiese mark het die aanwyser met 5,0% gestyg. Die Cape Wools Alle Wol aanwyser styg met 4,6%.
Kopers het genoem dat daar ‘n sterk vraag na en ‘n tekort aan goeie gehalte Merinowol op die dag was en het kommentaar gelewer oor die lae vlakke wolvoorraad verder af in die wol verwerkings pyplyn. Seisoenale produksievlakke het ook ‘n impak op pryse gehad met produksie wat min bewys van herstel toon. Die swakker Rand het ook sy rol gepeel om markpryse tot hierdie rekordvlakke te dryf.
Die Rand teen R12,24 was sowat 1,4% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige week se veiling en teen R13,62, sowat 3,7% swakker teenoor die Euro.
ʼn Verkoopspersentasie van 99% is bereik van die 6 751 bale wat op die veiling aangebied was. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (3 354), Lempriere SA (1 476) en G Modiano SA (1 466).
Die weeklikse prysmandjie, beperk tot AWEX tipe MF5, 70-80mm, VM<=2% wol alleenlik, se gemiddelde prysbeweging was as volg: 18 mikron styg met 5,4% tot R149,82/kg, 18,5 mikron versterk met 4,6% tot R147,45/kg, 19 mikron versterk met 4,3% tot R142,30/kg, 19,5 mikron versterk met 5,6% tot R142,49/kg, 20 mikron styg met 7,0% en sluit op R141,11/kg, 20,5 mikron styg met 4,8% en sluit op R137,91/kg, 21 mikron versterk met 4,4% en sluit op R136,41/kg, 21,5 mikron versterk met 4,4% en sluit op R134,70/kg en 22 mikron styg met 10,1% tot R135,04/kg.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 10 Junie wanneer sowat 10 200 bale aangebied sal word.


Wednesday, September 24, 2014

SA Wolmark handhaaf goeie pryse



Port Elizabeth – Die wolmark het verlede week se prysvlakke gehandhaaf en die Cape Wools Merino-aanwyser het met ʼn geringe 0.6% gestyg tot R114,68/kg (skoon). Dit is 2,7% hoër as die openingsveiling en 2,0% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen.

Kopers was dit eens dat die plaaslike mark grotendeels sterker vertoon het slegs as gevolg van die ondersteuning van 'n swakker rand. In buitelandse valuta terme was die mark egter onder druk as gevolg van 'n trae vraag uit China. Kopers beskryf vandeesweek se aanbieding as klein en van swakker gehalte en ʼn hulle verwag 'n soortgelyke aanbieding vir volgende week.

Die rand het 1,7% teenoor die Amerikaanse dollar verswak vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige week se veiling en het op R11,10 gesluit. ʼn Verkoopspersentasie van 97% is bereik van die 7 324 bale wat op die veiling aangebied was. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (2 290), Standard Wool SA (2 029) en G Modiano SA (1 033).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron daal met 0,8% tot R124,10/kg, 19 mikron verswak met 0,4% tot R118,15/kg, 20 mikron styg met 0,2% en sluit op R115,32/kg, 21 mikron versterk met 0,9% en sluit op R113,81/kg en 22 mikron styg met 2,5% tot R113,64/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 1 Oktober wanneer sowat 6 700 bale aangebied sal word.
Ria van Rooyen - Wolwaardeerder

Wednesday, September 3, 2014

Wolpryse Vertoon Sterker



Port Elizabeth – Die wolprys het die afgelope week gestyg en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,5% gestyg en op R113,32/kg (skoon) gesluit. Hoewel dit 1,5% hoër is as die openingsveiling, het pryse gedaal met 2,3% teenoor die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen.

Die sterker mark weerspieël die positiewe globale sentiment en die Australiese mark styg met 1,0% die week. Kopers skryf huidige wolpryse toe aan stewige vraag vir goeie gehalte Suid-Afrikaanse Merinowol uit alle sektore van die bedryf.
Die rand het 0,3% teenoor die Amerikaanse dollar verswak vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige week se veiling en het gesluit op R10,69. Dit was ‘n taamlike groot aanbieding van 13 229 bale waarvan 99% verkoop is. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (4 072), Lempriere SA (3 292), Stucken & Co (2 642) en G Modiano SA (1 647).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron styg met 3,7% tot R125,43/kg, 19 mikron versterk met 0,5% tot R118,51/kg, 20 mikron styg met 2,0% en sluit op R114,33/kg, 21 mikron versterk met 1,4% en sluit op R111,82/kg en 22 mikron styg met 2,6% tot R111,80/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 10 September wanneer sowat 9 800 bale aangebied sal word.

Wednesday, August 20, 2014

Wolmark nog goed, pryse effens laer!


Port Elizabeth – Die wolmark het op die eerste veiling van die nuwe seisoen goed vertoon en die Cape Wool Merino-aanwyser het met 1,1% teruggesak tot R111,63/kg (skoon) teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen. Dit is steeds 9,5% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen. ʼn Soortgelyke tendens het op die Australiese mark geheers waar die aanwyser met 3,6% gedaal het. Kopers het melding gemaak van ‘n onbeslistheid onder Chinese kliënte wat aanleiding gegee het tot swak vraag uit China. Op ‘n positiewe noot was daar stewige kompetisie vir goeie gehalte fynwol te danke aan goeie vraag uit Europa, terwyl middelbreuk-wol teen laer pryse verhandel het.
Die rand was gemiddeld R10,66 teenoor die Amerikaanse dollar, 0,8% sterker teenoor die gemiddelde koers van verlede week. ‘n Totaal van 13 945 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (4 794), Lempriere SA (2 707), G Modiano SA (2 570) en Stucken & Co (1 872). Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron styg met 1,2% tot R120,91/kg, 19 mikron verswak met 0,2% tot R117,91/kg, 20 mikron daal met 1,6% en sluit op R112,08/kg, 21 mikron verswak met 3,0% en sluit op R110,26/kg en 22 mikron daal met 3,8% tot R108,95/kg. Die volgende veiling is geskeduleer vir 3 September. Verskaf deur Ria van Rooyen. Wolwaardeerder

Sunday, August 17, 2014

Splinternuut vir Veilings


Veilings op n splinternuwe manier. Vooruitgang vir die markwaarde van wild en vee Landbou Radio en Amaplasi Radio maak geskiedenis! https://m.youtube.com/watch?v=TC0eiWVl5vc