Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!
Showing posts with label Bestuur. Show all posts
Showing posts with label Bestuur. Show all posts

Saturday, January 25, 2020

In en om lamtyd - Die peri-partum periode




Dit is die tydperk in en om lamtyd – kom oms fokus opvan die week voor lam tot die maand daarna.

Die lam of lammers begin benoud raak in die baarmoeder en skei dan `n “stof” (kortisol) af, wat vir die moeder se ligaam die boodskap gee dat dit tyd raak om reg te maak vir die geboorte.
Die spiere en ligamente van die geboortekanaal begin dan verslap – in beeste sien mens dikwels dat die stertwortel effens “lig”
Die servikale “slymprop” wat die fetus geseel het van die buitewereld, begin oplos.
En net voor die geboorte begin die serviks of baarmoedernek ontsluit, die baarmoeder begin saamtrek, en die lam of lammers word gebore.

Al hierdie dinge vind onder beheer van die hormoon-stelsel plaas.

`n Normale lam weeg so 3.5 kg by geboorte.
Nadat die vrugwater en nageboorte saam met die lam uit is, weeg die baarmoeder na die geboorte ongeveer 2 kg.
In die maand na die geboorte “krimp” dit dan weer na `n orgaan wat 70-80 gram weeg voor die volgende dragtigheid.
Die krimpingsproses staan bekend as involusie en 2 hoof herstelfases nl histologiese en bakteriologiese herstel vind plaas.

Verskeie faktore het `n invloed op hoe vinnig die herstel plaasvind, waarvan voeding en die kondisie van die ooi met lamtyd seker die grootste invloed het.`n Maerder ooi se baarmoeder neem langer om te herstel. So ook `n tweelingooi, omdat haar baarmoeder groter as `n enkelingooi sin is.
`n Ooi wie se lam deur `n roofdier gevang is, of wie se lam van `n ander oorsaak dood is, se baarmoeder herstel ook vinniger.
Baarmoeder infeksies vertraag weer die proses.
Die interessante ding is egter dat meeste ooie se baarmoeders onder “normale” toestande na ongeveer 35 dae voldoende herstel het, en voorberei is vir die volgende dragtigheid.

As mens dus beskou dat jy met baarmoeders boer en nie met skape nie, maak die meerpaarstelsels soos die 3 x in 2 jaarstelsel eintlik baie meer sin!!
So `n boer boer met sy skape soos wat `n beesboer met sy beeste boer! – nl om hulle 3 maande na lamtyd ram te gee wanneer die baarmoeder volkome / voldoende herstelkans gegee is na die vorige dragtigheid.

Die kerngedagte is dus om die werking van die baarmoeder te ken en te verstaan, en om dan jou bestuurstelsel daarvolgens saam te stel

Boerdery is `n besigheid – en `n besigheid wat nie geld maak nie is gedoem!
Met `n goeie stelsel, goeie gesondheidsbestuur en goeie voeding, kan `n boer sy lammeroes baie vergroot.
Meer lamkanse beteken meer lammers, en dit beteken meer GELD!!


RAAD AAN RAMKOPERS B ovis



Die ideaal is dat alle ramme waarvoor geld betaal word, gesertifiseer en gemerk word met ’n unieke oorplaatjie wat ooreenstem met die dier se ingeplante mikroskyfie.
Toets jou eie plaas se Brucella ovis-status.
Dring aan op n vrugbaarheidsertifikaat saam met gekoopte ramme.
Kry die sertifikaat in jou hand en bevestig dat die ram se saad mikroskopies ondersoek is. Saadgehalte is die beste maatstaf vir langdurige ramvrugbaarheid.
Bevestig dat ramme met Rev1, die entstof teen B. ovis, ingeënt is.
Wees krities oor die ouderdom waarop die ramme ingeënt is.

Hanteer lewende entstof noukeurig en volgens die aanwysings.

Praktiese wenke vir Ekonomiese Volhoubaarheid





#Landbouers produseer  binne ‘n lewendige omgewing waar die klimaat ‘n geweldige  invloed op grond, weidings en water uitoefen  en die suksesvolle bestuur hiervan  sal noodwendig daarvan afhang of sekere  langtermyn ekonomiese en sosiale beginsels nagekom word.  Dit beteken onder andere dat daar ‘n ordentlike plan, wat ‘n #risiko- en #moniteringsplan insluit, vir bykans elke faset van ‘n boerderystelsel moet wees.  
Die eerste fokus val op die #volhoubaarheid van u boerderystelsel.  Elke plaas lyk anders en daar is spesifieke uitdagings wat oorkom  moet word. ‘n Beste praktyk is eenvoudig om ‘n geskrewe plan met die hulp van u #plaaskaart op te stel .  Die volgende vrae kan met die opstel van die plan help.

1.        Wat is die toestand van my grond in terme van  #beweiding, #beskutting,# indringer-plante en #gronderosie en is daar iets wat daaromtrent gedoen moet word.
2.       Wat is die verwagte impak van #klimaatsverandering op my boerdery en is daar ‘n plan om die invloed daarvan te bestuur.
3.       Is sensitiewe areas in terme van fauna en flora identifiseer en word dit korrek bestuur.
4.       Is daar voldoende #water en is daar ‘n risiko dat dit besoedel mag raak.
5.       Bestaan daar ‘n #brandgevaar
6.       Hou die gebruik van chemikalie en sintetiese misstowwe ‘n risiko in en is my #afvalbestuur volgens wetgewing.
7.       Word energie doeltreffend gebruik en word die gebruik van fossielbrandstof beperk.
8.       Wat is die potensiaal van #herwinbare energie en kan dit infasseer word.
Prioritiseer u planne op grond van die volhoubaarheid daarvan en volgens  ekonomiese realiteite.
Die tweede fokus val op die saamstel van ‘n omvattende en opwindende  #finansiële plan met die oog op berekende doelwitte en geleenthede.  As daar  oorhoofs na gekyk word behels dit eenvoudig dat daar ‘n gewoonte daarvan gemaak moet word om  onder andere die volgende begrippe uit te leef;
1.       Bestaan daar ‘n medium en langtermyn visie vir die boerderyonderneming inagggenome  nasionale en internasionale veranderlikes soos grondgebruik,  beskikbaarheid van water , energie, verwagte wetgewing en verskuiwings op die gebied van die kwaliteit van en  behoeftes vir jou produksieartikel, wol en vleis.
2.       Bestaan daar ‘n bemarkingstrategie om die meeste te verdien vir die produkte wat produseer word.
3.       Word moontlike ekonomiese bedreigings identifiseer en is daar ‘n plan om dit teen te werk.
U verwagtings en planne moet altyd volgens die ekonomiese haalbaarheid daarvan prioritiseer word.  ‘n Finansiële plan soos almal seker daaraan gewoond  is sluit natuurlik ook die gedeelte oor die “nuts en bolds”  in en waar daar vir aanpassings  voorsiening gemaak is.
·         ‘n #Kontantvloei #begroting wat  jaarliks volgens beraamde uitgawes en inkomstes opgestel word en deurlopend hersien word.
·         Die opstel van ‘n voorspelde bateprofiel in terme van finansieringbehoeftes.
·         Word gebeure op die finansiële front op ‘n deurlopende basis gemonitor.
‘n Derde fokus area waarsonder die boonste twee gladnie doeltreffend toegepas kan word nie is die noodsaaklikheid van toeganklike en interpreteerbare #rekordhouding .
Besigheidsbesluite kan geneem word as die volgende inligting bekikbaar is;
1.       Wat is die produksiepotensiaal van die boerderyeenheid en tot waar kan dit verhoog word.
2.     
  Wat is produksie per hektaar (waar dit van toepassing is) in terme van wol en vleis, wat is die potensiaal en wat is die kostes daaraan.
3.       Word die redes en insidente van elke veeverlies aangedui.  Sonder die inligting sal ekonomies regverdigbare regstellings moeilik indien nie onmoontlik wees nie.
4.       Word  afsonderlik rekord van uitgawes en inkomstes gehou  om die verhoudelike doeltreffendheid van die boerdeystelsel te bepaal.
Die bogenoemde drie fokusareas is gerig op ekonomiese besluitneming Met dit alles is daar ‘n vierde fokusarea wat net so belangrik is.  Die kanse op ekonomiese sukses  sal groter wees in ‘n omgewing waar die werkgewer gelukkig is en waar die werknemers respekteer word.  Sosiale klem kan onmoontlik nie net op die welstand van werknemers geplaas word nie en gelukkigheid kom  nie vanself nie.  Daar moet noodwendig vir strewes, geleenthede en dissipline voorsiening gemaak word.  Die volgende vrae kan gevra word en besluite kan  hiervolgens geneem word;

Wat die kwaliteit van lewe betref,
·         Word daar voldoende tyd vir familie en vriende opsy gesit.                                 

·         Word daar vir ruskansies en ‘n jaarlikse verlof beplan.
·         Is daar ‘n bewustheid om by die gemeenskap betrokke te raak.

Wat #mensebestuur betref,
·         Is werknemers gemaklik en het hulle die  selfvertroue om vergaderings oor hulle eie behoeftes in die werksplek te hou.
·         Het elke werknemer ‘n persoonlik gestelde doelwit waarvolgens hy sy dag kan bestuur sodat dit hom kan help om spanning te verlig.
·         Word daar jaarlikse prestasie doelwitte aan elke werknemer gestel , is die werksprogram duidelik en is daar ‘n stelsel van individuele erkenning .