Nie-proteïenstikstof-bevattende
aanvullings blyk die mees ekonomiese aanvullings vir skape te wees, hoewel ietwat swakker massa
handhawing as met natuurlike proteïen bewerkstellig word.
Die produksie van 'n hoë persentasie breekwol (tot 50 %) by skape wat die hele winter op suurveld bly, is egter
'n groot nadeel van nie-proteïenstikstof-bevattende aanvullings. Die probleem kan egter oorbrug word deur een van die volgende strategieë te volg:
Nie-proteïenstikstof-lekke kan net gedurende die
eerste helfte van die winter op veld gebruik word, waama na 'n beter gehalte ruvoer soos
mieliereste oorgeskakel kan word.
Vanaf middel Julie kan 'n beperkte hoeveelheid heel mielies addisioneel
voorsien word, of kan
geleidelik na 'n lek wat natuurlike proteïen bevat, oorgeskakel word.
Die skape kan
gedurende Oktober geskeer word, aangesien die wol dan in die breuk afgeskeer word en die waarde van die vag nie
noemenswaardig benadeel word nie.
• Die keuse van 'n aanvulling sal dus hoofsaaklik deur die koste per
kilogram ruproteïen, die beskikbaarheid van die aanvulling
en die oorwinteringstrategie bepaal word.
• Wanneer ureum in winterlekke gebruik word,
blyk 'n klein hoeveelheid ammoniumsulfaat (1S:10N of 1 ammoniumsulfaat:5 ureum) in
vergelyking met liggaamsmassa voordelig en ekonomies geregverdig te wees. In plaas van ammoniumsulfaat kan
voergraadswael (blomswael) (1 swael:15 ureum) gebruik
word, hoewel eersgenoemde verkies word.
0 comments:
Post a Comment