Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!

Sunday, July 27, 2014

Mielies as weiding en aanvulling


By on 3:21 PM

Oesreste vir oorwintering van vee speel op baie plase ‘n deurslaggewende ekonomiese rol. Daar is baie navorsing oor die onderwerp gedoen wat die belangrikheid van sekere bestuursaspekte onderstreep. Hier is nuttige praktiese wenke:

Aanvang van beweiding.
#Mielies kan bewei word sodra dit fisiologies ryp is en die maksimum graan opbrengs verseker is. Die mielies is dan nog redelik groen-so ook vreetbare onkruid wat mag voorkom. Die gevaar van asidose (suurpens) is dan ook baie laag.  Sulke mielies is uiters geskik vir die afronding van lammers vir bemarking.
Aanvulling van ‘n proteïenlek verhoog massatoename. Dit lei tot ń korter afrondingsperiode en ‘n verhoging in die getal lammers wat afgerond kan word.
.
As genoeg kwaliteit lammers beskikbaar is, is die afronding van speenlammers op ongestroopte mielies ‘’n  goeie alternatief. Die aanvulling met ‘ń proteïenlek lei tot verhoogde marges en is ekonomies geregverdig.  Dit geld veral by die afronding van speenlammers. Maak seker dat die lek benewens proteïen, ook die nodige minerale, spoorminerale en medikamente bevat om suurpens en blaasstene by lammers te beperk.

Die voorkoming van #suurpens (Asidose)
Suurpens kan tot groot skade ly. Die volgende eenvoudige bestuursmaatreëls het baie groot waarde:
* Aanvang van beweiding terwyl die mielies nog groen is. Oorvreet van graan is dan onwaarskynlik.
* ń Gelykmatige aanpas van skape oor 10 tot 14 dae, deur mieliegraan teen toenemende peile aan skape te voer voordat skape op mielies gejaag word.
*Die voer van lekke wat suurpens teëwerk.                                                                                                   

Mielies is ń uitstekende vierjarige herfs/winterweiding vir die afrond van speenlammers of beweiding deur lammerooie. Mielies alleen het aansienlike voordele bo mielie/groenvoer mengsels. Die gebruik van ’n geskikte proteïenlek op mielies het baie voordele en is ekonomies geregverdig. Skaapboere kan beslis weimielies ‘n normale deel van hul voervloei program maak.



Dit is altyd raadsaam om geaktiveerde koolstof of PPR poeier (G74), verkrygbaar by ‘n veearts of koöperasie, byderhand te hou vir sulke noodgevalle. Ook goed  waar diere gifplante gevreet het. Die geaktiveerde koolstof word gedoseer teen 2 gram per kilogram en aangemaak met water. Die koolstof verhoed opname van gifstof uit die rumen en dermkanaal.

In die beginstadium waar aansameling van suur in die grootpens plaasvind, kan teensuurmiddels doseer word soos bv. koeksoda (nie ideaal nie, maar help in ‘n noodgeval) of magnesiumoksied of Rumagest Antacid. 

Dit help ook om die dier in te spuit met ‘n penisillien om lewerabsesse te verhoed, asook vitamien B kompleks om die lewer te ondersteun in die verwerking van die gifstof en suur. Die normale pH van die rumen is soos volg: op grasweiding is die pH 6 tot 7.5 . Op ‘n graandieet daal dit tot tussen 5.8 en 6.5.
'n Vitamien B1 tekort ontstaan deur suurpens. Dit kan binneaars toegedien word teen 5 tot 10 ml vir kalwers, bokke en skape en 10 tot 20 ml vir beeste. Dit is raadsaam om ‘n opvolgdosis te gee 6 tot 8 ure later al lyk dit of die dier volkome herstel het.
Hou byderhand vir ‘n noodgeval  teensuurmiddels, geaktiveerde koolstof en vitamien B1 

Aanvulling:   

 





0 comments:

Post a Comment