Dit is die
tydperk in en om lamtyd – kom oms fokus opvan die week voor lam tot die maand
daarna.
Die lam of
lammers begin benoud raak in die baarmoeder en skei dan `n “stof” (kortisol)
af, wat vir die moeder se ligaam die boodskap gee dat dit tyd raak om reg te
maak vir die geboorte.
Die spiere en
ligamente van die geboortekanaal begin dan verslap – in beeste sien mens
dikwels dat die stertwortel effens “lig”
Die servikale
“slymprop” wat die fetus geseel het van die buitewereld, begin oplos.
En net voor die
geboorte begin die serviks of baarmoedernek ontsluit, die baarmoeder begin
saamtrek, en die lam of lammers word gebore.
Al hierdie dinge
vind onder beheer van die hormoon-stelsel plaas.
Nadat die
vrugwater en nageboorte saam met die lam uit is, weeg die baarmoeder na die
geboorte ongeveer 2 kg.
In die maand na
die geboorte “krimp” dit dan weer na `n orgaan wat 70-80 gram weeg voor die
volgende dragtigheid.
Die
krimpingsproses staan bekend as involusie en 2 hoof herstelfases nl
histologiese en bakteriologiese herstel vind plaas.
Verskeie faktore
het `n invloed op hoe vinnig die herstel plaasvind, waarvan voeding en die
kondisie van die ooi met lamtyd seker die grootste invloed het.`n Maerder ooi
se baarmoeder neem langer om te herstel. So ook `n tweelingooi, omdat haar
baarmoeder groter as `n enkelingooi sin is.
`n Ooi wie se lam
deur `n roofdier gevang is, of wie se lam van `n ander oorsaak dood is, se
baarmoeder herstel ook vinniger.
Die interessante
ding is egter dat meeste ooie se baarmoeders onder “normale” toestande na
ongeveer 35 dae voldoende herstel het, en voorberei is vir die volgende
dragtigheid.
As mens dus
beskou dat jy met baarmoeders boer en nie met skape nie, maak die
meerpaarstelsels soos die 3 x in 2 jaarstelsel eintlik baie meer sin!!
So `n boer boer
met sy skape soos wat `n beesboer met sy beeste boer! – nl om hulle 3 maande na
lamtyd ram te gee wanneer die baarmoeder volkome / voldoende herstelkans gegee
is na die vorige dragtigheid.
Die kerngedagte
is dus om die werking van die baarmoeder te ken en te verstaan, en om dan jou
bestuurstelsel daarvolgens saam te stel
Boerdery is `n
besigheid – en `n besigheid wat nie geld maak nie is gedoem!
Met `n goeie
stelsel, goeie gesondheidsbestuur en goeie voeding, kan `n boer sy lammeroes baie
vergroot.
Meer lamkanse
beteken meer lammers, en dit beteken meer GELD!!
0 comments:
Post a Comment