|
Dragtige ooie |
Sinkronisasie beteken nie noodwendig om al jou
diere op een dag te laat dek met KI of laparoskopiese inseminasie nie, maar wel
om jou paartyd so kort as moontlik te kry.
Die hele doel moet wees om die regte
bestuursprosedure op die regte manier, en op die regte tyd te doen. En hoe meer
homogeen die groep is, hoe meer diere is in dieselfde produksie stadium. Die
geheim lê dus daarin om
die regte tyd te ken of te verstaan, en om dan te weet wanneer meeste van jou
diere so na as moontlik daaraan is.
Praktiese Wenke
As jou paartyd ses weke is, is die oudste lam dus ses
weke oud en reeds reg om sy eerste dosering te kry op die dag wat die laaste of
jongste lam gebore word. Meeste lammers word gewoonlik in die eerste siklus
gebore - dit wissel, maar tussen 60 en 80% kan in die eerste 17 dae gebore
word. As jy dus vir die laatlammers wag om ses weke oud te word, kry die
oudstes al vir langer as `n maand `n knou! En hoe langer jou paartyd, hoe
groter raak die gaping en hoe meer lammers word verder vanaf die
"ideale" tyd ingeent en gedoseer
By inentings
weet ons dat die maternale immuniteit - dit is die beskerming wat die moeder
deur die biesmelk aan die lam gee - die lam vir die eerste twee maande van sy
lewe beskerm en in sekere gevalle kan inmeng met vroeê inentings.
In `n ses weke paartyd is die oudste lammers dan op
ongeveer twee weke na die einde van lamtyd reeds vatbaar vir siektes soos bloednier en behoort hulle hul eerste
inentings te begin kry.
Verkort jou paartyd en verhoog jou inkomste!
Dit klink kontrasterend, maar dit is hoe dit werk.
Voorstel: paar vir net 28 dae ‘(vier
weke), en wel elke vier maande. Dit is die sg halfpaarstelsel, waar die kudde in twee gedeel is en elke kudde
alternatiewelik gepaar word. Meeste ooie lam dus elke agt maande, en as `n ooi
oorslaan kom sy vier maande later weer by die ram en lam dan met `n 12 maande
interval.
Die totale paar en lamtyd is dus 84 dae per jaar,
of dan drie paartye van 28 dae elke vier
maande.
Hierdie was beproef en die resultate spreek vanself
- `n speenpersentasie van om en by 180% en verbeter steeds elke jaar!
Die verkorte lamtyd bespaar nie net arbeid en
voerkoste nie, maar het tot gevolg dat die oudste en jongste lam slegs 28 dae
verskil, wat weer `n groot invloed het op die bestuur(ent en doseer) en ook
seleksie vergemaklik!
Dis wetenskaplik bewys dat die vrugbaarste ooie
geneig is om vroeg in die teelseisoen besit te raak. Indirek word dus ook
geselekteer vir vrugbare diere.
Verbeterde toesig lei tot laer lamverliese. Meer
lammers, meer geld.
Die voordele
van `n verkorte paartyd is dus legio!