Port Elizabeth – ‘n Besondere sterk vraag na Merinowol het pryse tot ’n rekordvlak laat styg en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 8,5% gestyg en op R132,02/kg (skoon) gesluit. Dit is 18,3% hoër as op die openingsveiling en 13,4% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen. Op die Australiese mark het die aanwyser met 7,6% gestyg . Die Cape Wools Alle Wol aanwyser styg met 10,2%.

Die Rand teen R11, 94 was sowat 0,8% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige week se veiling en teen R13, 46, sowat 3,3% swakker teenoor die Euro. ʼn Verkoopspersentasie van 99% is bereik van die 8 829 bale wat op die veiling aangebied was. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (2 968), G Modiano SA (2 386) en Lempriere SA (2 270).
Die weeklikse prysmandjie, beperk tot AWEX tipe MF5, 70-80mm, VM<=2% wol alleenlik, se gemiddelde prysbeweging was as volg: 18 mikron styg met 7,5% tot R140,66/kg, 18,5 mikron versterk met 6,2% tot R138,96/kg, 19 mikron versterk met 10,7% tot R137,94/kg, 19,5 mikron versterk met 9,0% tot R134,64/kg, 20 mikron styg met 8,0% en sluit op R132,46/kg, 20,5 mikron styg met 9,2% en sluit op R130,37/kg, 21 mikron versterk met 7,9% en sluit op R130,02/kg, 21,5 mikron versterk met 9,3% en sluit op R128,28/kg en 22 mikron styg met 5,8% tot R122,98/kg.
Die volgende veiling is geskeduleer vir 27 Mei wanneer sowat 8 000 bale aangebied sal word.
0 comments:
Post a Comment