Doen die regte DING, op die regte MANIER, op die regte TYD!
1. Elke siekte
of probleem het `n oorsaak
2. Dis beter
om die oorsaak vas te stel en te behandel, as om die simptome te behandel
3. Besluit so
gou as moontlik of dit `n aansteeklike of oordraagbare siekte is , en verwyder
die bron van infeksie.
4. Goeie
biosekuriteit sluit `n goeie kwarentynstelsel, `n “hospitaal” en `n
afsonderings-eenheid in.
6. Jou
eerste verlies is baie keer jou “beste” verlies.Hoe gouer jy besluit of
behandeling geregverdig is (prognose en/of ekonomie dit toelaat), en hoe gouer
met die regte behandeling begin word, hoe beter is die kans op herstel en
beperking van produksieverliese.
7. Indien `n
dier van kant gemaak moet word, doen dit so gou en menslik as moontlik om
onnodige pyn en lyding te voorkom.
8. As jy
onseker oor iets is, vra / bel `n kenner .
9. Gebruik
medisyne volgens voorskrif.
Indien aanspraak gemaak word op dinge wat nie op die voubiljet staan nie, dring aan op `n skriftelike aanbeveling,
of op `n afskrif van die wetenskaplike data om dit te regverdig!
10. Berg medisyne op `n koel, droë en skoon plek
11. Werk skoon ! (spuite, naalde en proppies van
medisyne).
12. Lees die instruksies .
13. Moenie medisyne meng nie!
14. By ENTSTOWWE is dit nodig om veral seker te
maak dat:
a. Die koue
ketting te alle tye gehandhaaf word
b. Die
korrekte inspuitplek gebruik word
0 comments:
Post a Comment