As gevolg van seisoenale variasie in
reënval en gevolglike veldproduksie kan drie situasies ontstaan, naamlik:
Situasie 1
Vee het genoegsame benutbare weiding
beskikbaar in die groeiseisoen weidingsblok.
‘n Ooreenstemmende veelading sal vir ‘n verdere sewe maande op die
oorblywende twee blokke gedra kan word.
Dit is, minstens tot Desember elke jaar!
Situasie 2
Vee het genoegsame weiding, maar benut
nie alle kampe in die groeiseisoen weidingsblok nie. Veelading kan dienooreenkomstig verhoog word,
of kampe sal vir spesiale behandelings beskikbaar wees.
Situasie 3
Vee moet voor die einde van die
groeiseisoen noodwendig uit die groeiseisoen weidingsblok skuif na die tweede
(winter) weidings-blok. Veldproduksie is
dus te laag vir die betrokke veelading en voerskaarste sal beslis gedurende die
dormante seisoen ondervind word. Die
veelading moet dienooreenkomstig verlaag word.
Des:
Jy hoef nie
te wonder oor wanneer die droogte (of voertekort) jou gaan tref nie. Jy weet reeds teen Maart / April wat die
situasie tot Desember is. Die benadering
sal jou in die bevoorregte posisie hê dat jy veel minder oor droogtes sal kla –
en dit sonder om op veelading in te boet!!!
0 comments:
Post a Comment