Groenvoer maak
die beste ekonomiese sin waar dit aangewend word vir die afronding van lammers
of ander vee vir bemarking. Produksie
van droëland groenvoer is wisselvallig . Die
belangrikste groenvoer-soorte is hawer, korog en rog.
Water
is die dryfkrag
‘n
Duimreël is dat 100mm plantbeskikbare water, 2,3 ton droëmateriaal / ha kan
lewer; 150mm omtrent 3,9 ton droëmateriaal / ha en 200mm omtrent 5,5 ton
droëmateriaal / ha. In die
somerreënvalgebied is reënval gedurende die groenvoer groeifase beperk en is
dit belangrik om water reeds voor vestiging in die grond op te berg. Tewens sukses met droëland groenvoer word
gewoonlik bepaal deur die boer se vermoë om water beskikbaarheid te bestuur. Hier is gronddiepte, onkruidbeheer en
waterindringing belangrik. ‘n Grond van
1m diep se waterlewerings vermoë wissel van 120 mm vir kleigrond tot 110 mm vir
meer sanderige grond. Indien daar nie
met plant minstens 100 mm water in die grondprofiel is nie, raak droëland
groenvoer vestiging in die somerreënvalgebied ‘n groot risiko.
Kultivar -keuse
Drie patrone,
naamlik; kort seisoen; medium seisoen en lang seisoen.
- Kort seisoen kultivars het geen koue-behoefte vir
blom nie; blom daarom vroeg met ‘n vroeë produksie-piek tot einde Julie.
- Medium seisoen kultivars het ‘n kort
koue-behoefte vir blom; blom later met ‘n vroeë produksie-piek tot middel
Augustus.
- Lang seisoen kultivars het ‘n lang koue-behoefte;
blom laaste met ‘n later produksiepiek en produseer tot einde
September.
Dit geld vir
herfs -vestigings . Kultivar-produksie proewe het verder bewys dat lang seisoen
kultivars se produksie gemiddeld 50% hoër is as dié van kort seisoen
kultivars. Dit geld vir die onderskeie
kultivar-tipes binne al die groenvoergroepe, naamlik rog, hawer en korog
kultivars.
Kies die regte tipe volgens jou spesifieke
voervloei-behoefte. As dit laat raak (einde Maart) en voer is teen middel Mei nodig, plant
dan kort seisoen kultivars. ‘n
Lang-seisoen kultivar kan so vroeg as moontlik (Februarie) geplant word. Dit sal ‘n sekerder, langer en hoër produksie
verseker. Met so ‘n praktyk sal
moontlike laat-somer en herfsreëns ook beter benut word en groenvoer sal vanaf
middel April tot einde September beskikbaar wees.
Bemesting
van droëland groenvoer
Die
volgende algemene aanbevelings geld:
Indien
breedwerpig gevestig, word geen P-bemesting aanbeveel nie. Indien in rye gevestig, mag ‘n P-toediening
van maksimum 10kg P / ha voordelig wees.
Plant die
raaigras en assegaaiklawer breedwerpig met die rog in ongeveer 40cm rye daarna
(verhoed oorskadu effek). Die rog is
relatief vinnig en sorg vir goeie herfs en winter produksie. Die klawer is stadig en sal vanaf Augustus
tot Desember produseer. Dit bind
stikstof en gee baie goeie diereprestasie.
Enhancer is ‘n raaigras kultivar met uitstekende diereprestasie
potensiaal wat tot Desember sal produseer.
1)
Besin oor die rede(s) vir groenvoer in u
produksiestelsel . Afronding van
bemarkbare vee is die mees ekonomiese aanwending.
2)
Bestuur en benutting van grondwater is uiters
belangrik. Kies en bewerk lande vir
maksimum wateropberging.
3)
Wees bewus van dramatiese verskille tussen:
·
Groenvoer groepe
·
Kultivars binne groepe
Plant met die oog op
jou spesifieke behoefte !
4)
Besproeide weidings
·
Let op besproeiings - en bemestings -riglyne
5)
Bemesting
·
Wees konserwatief
·
Onthou die water/stikstofinteraksie vir goeie
diereprestasie
0 comments:
Post a Comment