Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!

Wednesday, September 24, 2014

SA Wolmark handhaaf goeie pryse


By on 9:47 PM


Port Elizabeth – Die wolmark het verlede week se prysvlakke gehandhaaf en die Cape Wools Merino-aanwyser het met ʼn geringe 0.6% gestyg tot R114,68/kg (skoon). Dit is 2,7% hoër as die openingsveiling en 2,0% hoër teenoor die ooreenstemmende verkope van die vorige seisoen.

Kopers was dit eens dat die plaaslike mark grotendeels sterker vertoon het slegs as gevolg van die ondersteuning van 'n swakker rand. In buitelandse valuta terme was die mark egter onder druk as gevolg van 'n trae vraag uit China. Kopers beskryf vandeesweek se aanbieding as klein en van swakker gehalte en ʼn hulle verwag 'n soortgelyke aanbieding vir volgende week.

Die rand het 1,7% teenoor die Amerikaanse dollar verswak vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige week se veiling en het op R11,10 gesluit. ʼn Verkoopspersentasie van 97% is bereik van die 7 324 bale wat op die veiling aangebied was. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (2 290), Standard Wool SA (2 029) en G Modiano SA (1 033).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18 mikron daal met 0,8% tot R124,10/kg, 19 mikron verswak met 0,4% tot R118,15/kg, 20 mikron styg met 0,2% en sluit op R115,32/kg, 21 mikron versterk met 0,9% en sluit op R113,81/kg en 22 mikron styg met 2,5% tot R113,64/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 1 Oktober wanneer sowat 6 700 bale aangebied sal word.
Ria van Rooyen - Wolwaardeerder

0 comments:

Post a Comment