Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!
Showing posts with label Ooie. Show all posts
Showing posts with label Ooie. Show all posts

Friday, April 10, 2020

Bloutong inenting: - wenke vir ooie, ramme en lammers




‘n Virus waarteen geen antibiotika werk nie. Antibiotika kan slegs sekondêre besmetting wat dikwels verantwoordelik is vir die dier se dood teenwerk of beheer.  M+ B pille wat ‘n sulfamiddel is en deur die longe uitgeskei word maak sin! 
Die virus veroorsaak erge inflammasie wat sy lippe en kop laat swel, en sy hoewe laat pyn (daarom loop hulle so swaar). ‘n “Disprin” vir pyn en inflammasie maak dus baie sin, of beter nog dan ‘n anti-inflammatoriese inspuiting wat jy by ‘n veearts kan kry.
Muggies  hou van laagliggende gebiede en vleie – so skuif diere na      hoër liggende gedeeltes. Verder verkies hy beesbloed bo skape sin – so jaag beeste by die trop as jy kan.
Skape moet jaarliks ingeënt word..


Sinvolle inenting vereis dat ons die entstof en sy werking ken, die siekte – sy oorsaak en gevolge verstaan, en ook weet hoe die skaap se immuunstelsel werk. Wat sê die voubiljet? (“Package Insert”)

-       Die volle reeks moet toegedien word om:
-       Die wydste moontlike dekking te kry (NIE volledige dekking nie!!!)

Oor bewaring en hantering:
-       Stoor in yskas by 4 – 8 grade Celsius
-       Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig tydens inenting.



Bloutongtyd is in die somermaande wanneer die muggies wat die siekte oordra aktief is. Ons wil maksimum beskerming dus op die piek gevaartyd hê.
-       Dit word aanbeveel dat inenting nie in die eerste helfte van dragtigheid moet   geskied nie
-       Dat ramme NA die dekseisoen gedoen moet word
-       Lammers van geënte ooie moet na 6 maande ouderdom gedoen word. In areas waar erge besmettings voorkom, moet lammers voor die ouderdom gespuit word, maar dan moet dit herhaal word sodra hulle 6 maande oud is.
-       Skape moet jaarliks ingeënt word.

Waarskuwings:
-       7 dae vleisonttrekking
-       Slegs gesonde diere moet ingeënt word
(Wat is `ngesonde dier”? Is `n skaap wat met parasiete besmet is, gesond? Moet ons so `n dier eers ontwurm en dan ent, of albei sommer saam doen?)
-       Hou buite bereik van kinders en oningeligte persone (Hoe ingelig is boere? Aanbevelings vir gebruik:
-       Gebruik slegs soos aanbeveel
-       Steriliseer spuite en naalde...
-       Moenie ontsmettingsmiddels of spiritus gebruik nie
-       Gebruik `n aparte naald vir elke dier
-       Spuit alle diere
-       Skud gereeld en skud goed
-       Reeds genoem
o   Gebruik dadelik na aanmaak
o   Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig tydens inenting

Dosis:
-       Onderhuids.
-       die Fakulteit van Veeartsenykunde se aanbeveling, van agter die oor – hoog in die nek. Die sg “scrag” area.)

Newe-effekte:
-       `n Koorsreaksie mag vanaf 7 dae na inenting voorkom
(die koorsreaksie mag / kan in ramme tot tydelike onvrugbaarheid lei)
-       “redelike immuniteit teen meeste van die virustipes word 3-4 weke na die laaste inspuiting verkry”, maar dit word ook genoem dat dit steeds nie in alle diere gewaarborg kan word nie.

Lees die voubiljet, ontleed en bestudeer. Besluit self wat prakties onder jou omstandighede is, maar besef die implikasies of gevolg van die afwykings!


 Beeste  is veronderstel om “asimptomatiese draers” van die siekte te wees, maar dat veral kalwers soms kliniese tekens toon. Die virus oorwinter hoofsaaklik in beeste.
Ek herinner ook graag dat lamverliese lank na die siekte voorgekom het steeds hieraan gekoppel kan word –  aborsies, lammers met genetiese afwykings of wat sonder brein gebore word ....

Culicoides muggie
Ken die vyand – die “Brandassie”, of Culicoides muggie wat die siekte oordra, en ken sy gewoontes
-       Waar hy voorkom
o   Dele van die land
o   Waar op die plaas
§  Vleie en laagliggende gedeeltes
§  Waterryke areas
-       Wanneer hy aktief is
o   Tyd van die dag
§  Vroeg aand en vroeg oggend, net voor sonsondergang en weer net na sonsopkoms
o   Tyd van die jaar - somermaande
-       Sy voedselvoorkeure – bv dat hy beesbloed bo skaapbloed verkies
Dan word aanvaar  dat jydie immuunstelsel van die skaap verstaan:
-       Oor hoekom die skaap dan nie op een slag / gelyktydig teen al 18 stamme van Bloutong kan ent nie, maar wel teen 10 of meer bakteriese antigene gelyktydig.


Met die agtergrond, en die aanvaarding dat ons saamstem dat Bloutong `n essensiële entstof is om jou skape, in jou area, op jou plaas, in te ent, moet ons na jou plaas en wat daar gebeur kyk:

Hier is voorbeeld.
As jou paartye is / was:
20/10/ tot 29/11/04/07/-
-       20/10/ -
-       20/02/ –

Lammers:
Die ooie het m.a.w. op middel Maart begin lam tot einde April. Die jongste van die lammers gaan dus Einde Oktober / Novemder eers oor 6 maande ouderdom wees en reg vir Bloutong inenting.Is dit `n nat of droë jaar? Gaan ons hulle voor 6 maande ent en in Oktober weer oor ent? Wat is die risiko? As jou plaas in  koue deel is, en as dit `n droë jaar is. Jy het in die verlede reg geënt, so die lammers behoort  `n redelike biesimmuniteit van hul moeders te gekry het.

Aanbeveling – begin ent in Oktober, 3 weke uitmekaar om `n goeie “basisimmuniteit” of fondament vir die toekoms te kry, en hou hulle indien moontlik op hoër dele van die plaas (weg van vleie af), of saam met beeste (muggie verkies beesbloed) en spuit hulle “toplyne” 3 weekliks met ’n geregistreerde middel indien hoë risiko toestande sou ontwikkel (vroeë, nat en warm toestande)

Ramme:
Nou net uit tussen die ooie.
Volgende paartyd op Okt – Ons wil nie graag in die twee maande voor paar inent nie (moontlike koorsreaksie mag lei tot tydelike onvrugbaarheid)
Dit los vir ons 14 dae om ten minste 1 inenting in te pas. Uit `n praktiese oogpunt uit beveel ek egter aan dat ons nou Bloutong A spuit, B oor 3 weke en C dan as die ramme uitkom .
Ons “steel” dus een week voor paar.
Spermvorming neem 42 dae, en rypwording `n verdere 2 weke – vandaar die 8 weke of 2 maande.
Die kalf is in die put, en alles in ag genome glo ek dis ons beste opsie om dan die een week te “steel”.

Ooie:

Die ooie was nou by die ram, en hopelik is almal wat gedek was, gemerk.
Ooie moet klaar geënt wees 3 weke voor paar.(minimum 10 dae)
Deel solank die trop in 2 : die wat gesonar moet word, en die ongedektes
As ons dus by die ongedektes begin – ook hier het ons 74 dae voor die volgende paartyd.
Ent so gou moontlik daarna A, oor 3 weke B en dan 3 weke later die C.
Weereens sit ons met `n probleem – moet ons wag tot die ooie in hul tweede helfte van dragtigheid is, 6 weke voor lam (Feb) – in bloutong tyd, en dan moet die entstof eers nog werk (3 weke later), of sny ons dit nou fyn?
My keuse val op die laasgenoemde opsie, nl ent nou en kry klaar!

Dan die “dragtige” trop
6 weke voor lam, wanneer meeste ooie dan in die tweede helfte van dragtigheid is, so middel September – begin dan met A. Gee B dan 3 weke later vroeg Nov..
Die ooie gaan dan lam vanaf Nov vir 6 weke – tot so amper “middel Januarie”.
Hulle sal dan hul C entstof middel Feb kry.
By die trop sal ons dan ook ekstra beheermaatreels moet toepas – vermy leegtes, dip, beeste saamloop ...



Saturday, February 8, 2020

Johne’s se siekte in skape - wenke



  Dr Lourens Havenga  

Johne’s is ’n siekte wat tot vermaering van skape ly en word veroorsaak deur die bakterie Mycobacterium paratuberculosis, wat hoofsaaklik in die dunderm groei en verdikking veroorsaak. Die dundermwand verdik geleidelik en veroorsaak ’n daling in die absorpsie van verteerde voedingstowwe. Die siekte het gewoonlik ’n lang inkubasieperiode van tot 2 jaar, maar sodra diere begin gewig verloor, vrek hulle binne ’n kort periode van 3-6 maande. Maagwerk kan voorkom, maar is nie tipies nie. Merinos is meer vatbaar as kruisras diere. Daar is geen effektiewe behandeling teen die siekte nie.

Hoe versprei die siekte?
Die bakterieë word in groot getalle in die mis uitgeskei. Diere tel dan die besmetting op deur die bek vanaf spene, weiding en water, wat besmet is met die bakterieë. Die bakterieë kan vir maande in koelte kolle wat genoeg vog bevat, oorleef. 


Hoe versprei die siekte tussen plase?
Besmette diere wat ingekoop word, is die hoofbron. Mis en afloopwater wat besmet is, kan ook die siekte versprei. Sien ook   http://landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/hoe-johne-se-siekte-versprei/

Hoekom moet ek bewus wees van Johne’s?
In beide Australië en Suid-Afrika is vrektes van 10 % in volwasse skaap’n realiteit in kuddes waar niks gedoen word om die siekte te beheer nie. Onlangse navorsing uit Nieu Seeland, toon dat die siekte ook tot 17% afname in speenmassa asook 10 % afname in wolproduksie.

Hoe bepaal ek of ek die siekte in my kudde het?
Daar is gewoonlik geen tekens vir die eerste paar jaar nie. Die eerste teken is gewoonlik diere wat “lyk asof hulle nie reageer op behandeling vir inwendige parasiete nie – hulle bly maer en vrek later”. Die beste ouderdomsgroep om in te soek is die 2-3 jaar oud groep. Nader jou veearts, aangesien daar histopatologie van die dunderm gedoen moet word om dit te bevestig. Alternatiewelik is daar sekere bloedtoetse, maar dit is nie ten volle betroubaar op eenmalige toetsing nie.

Let wel: Johne’s is ’n beheerde siekte en die plaaslike staatsveearts moet onmiddelik in kennis gestel word indien u selfs die vermoede het dat die siekte by u voorkom. 

Wat kan ek doen as die siekte wel in my kudde voorkom? Moenie ooie op baie kort weiding of weiding wat swaar met mis besmet is laat lam nie. Vermy dit om byvoeding direk op die grond te gee, aangesien misbesmetting gereeld hier voorkom. Hou die kudde so jonk as moontlik. Ent vervangingsdiere op ’n jong ouderdom (4-6 weke).

Hoe gebruik ek die Johne’s entstof:
Die entstof is slegs beskikbaar op voorskrif van u plaaslike staatsveearts. Dit is ‘n geïnaktiveerde (dooie) entstof wat ’n mineraal olie-in-olie adjuvant bevat. Hierdie adjuvant verbeter die immuniteit, maar is ook verantwoordelik vir ‘n swelling. Die swelling ontstaan op die inspuitplek en varieer van ertjie-tot golfbalgrootte. Sommige vorm ’n steriele abses wat oopgaan, maar self genees. Daar moet ook gewaak word dat persone nie hulself per ongeluk inspuit nie, aangesien ‘n soortgelyke swelling sal ontstaan wat mediese behandeling sal noodsaak. Die dosis is 1 ml, onderhuids, slegs hoog op die nek, direk onder die oor. Dit word slegs eenmalig in ‘n dier gebruik.

Meer inligting Dr Lourens Havenga by 082 902 8666.