Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!
Showing posts with label Algemene Beginsels. Show all posts
Showing posts with label Algemene Beginsels. Show all posts

Saturday, March 7, 2020

BESTUUR VAN SOETGRASVELD





Soetgrasveld het twee belangrike eienskappe:


1)   smaaklik met genoeg voedingswaarde vir goeie diereprestasie (positief)
2)  wisselvallige produksie met onbetroubare reënval-patrone (negatief)

Daarom ‘n groot en voortdurende gevaar van periodieke voertekorte, wat dan in die volksmond, droogtes beteken.
HOE MOET EK MY VELD BESTUUR VIR:
1)   Optimale produksie = moet goeie veldproduksie kry
2)  ‘n Stabiele voervloei op veld = haal die raaiwerk uit – beperk die periodieke voertekorte
Navorsing het bewys


·        die noodsaaklikheid van volle groeiseisoen rusperiodes vir volgehoue hoë veldproduksie.
·        Die waarde van geruste veld as voerbron in opvolgende droë seisoene. 
Die beginsels is die basis van ‘n benadering tot veldbestuur wat neerkom op voervloeibeplanning op veld alleen.
DIT IS EENVOUDIG EN KOM NEER OP:
·        Die indeling van jou plaas in drie gelyke blokke.
·        Benutting van een blok in die groeiseisoen (Desember – April)
·        Benutting van die ander twee blokke in die Winter en Lente.
·        Rotasie van blokke in terme van tyd van benutting oor ‘n drie-jaar periode.
·        Die aanpas van veebestuur – lamtyd, veegetalle by die stelsel.
Baie belowend

i)         veld-samestelling verbeter
ii)        veld-produksie verhoog
iii)       diereprestasie goed
iv)       gevaar van voertekorte drasties verlaag
EN:
i)          dit kos niks
ii)            doen dit net!  (NIKE – Just do it!)

Sunday, February 2, 2020

Algemene beginsels by Siektes en behandeling




Doen die regte DING, op die regte MANIER, op die regte TYD!
      


  1.    Elke siekte of probleem het `n oorsaak
  2.    Dis beter om die oorsaak vas te stel en te behandel, as om die simptome te behandel
 3.    Besluit so gou as moontlik of dit `n aansteeklike of oordraagbare siekte is , en verwyder die bron van infeksie.
 4. Goeie biosekuriteit sluit `n goeie kwarentynstelsel, `n “hospitaal” en `n afsonderings-eenheid in.
 5.Weeg! Sodoende kan die korrekte dosis van die medisyne toegedien word, maar die effek van die siekte en behandeling ook bepaal word. Dit gaan nie net oor keer dat die dier doodgaan nie, maar ook oor produksieverliese. `n Duurder behandeling mag veroorsaak dat die koors vinniger gebreek word, die dier vinniger begin vreet en dan weer vinniger in produksie is.”Staandae” het `n groot invloed op die ekonomie by intensiewe stelsels. Behalwe gewigsverlies, kan innames, voeromset, groeivermoë, melkproduksie (belangrik in `n teelkraal) asook ander produksieverliese soos aborsies / resorbsies voorkom, wat dan ook tot verlaagde reproduksie lei.
6. Jou eerste verlies is baie keer jou “beste” verlies.Hoe gouer jy besluit of behandeling geregverdig is (prognose en/of ekonomie dit toelaat), en hoe gouer met die regte behandeling begin word, hoe beter is die kans op herstel en beperking van produksieverliese.
7.   Indien `n dier van kant gemaak moet word, doen dit so gou en menslik as moontlik om onnodige pyn en lyding te voorkom.
8.    As jy onseker oor iets is, vra / bel `n kenner.
9.    Gebruik medisyne volgens voorskrif.
Indien aanspraak gemaak word op dinge wat nie op die voubiljet staan nie,       dring aan op `n skriftelike aanbeveling, of op `n afskrif van die wetenskaplike data om dit te regverdig!
10.  Berg medisyne op `n koel, droë en skoon plek
11.  Werk skoon! (spuite, naalde en proppies van medisyne).
12.  Lees die instruksies.
13.  Moenie medisyne meng nie!
14.  By ENTSTOWWE is dit nodig om veral seker te maak dat:
a.    Die koue ketting te alle tye gehandhaaf word
b.    Die korrekte inspuitplek gebruik word