Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!
Showing posts with label Soetgrasveld. Show all posts
Showing posts with label Soetgrasveld. Show all posts

Saturday, March 7, 2020

VOORKOM VOERTEKORTE OP SOETGRASVELD





Voertekorte as gevolg van “droogte” is ‘n algemene verskynsel in Soetgrasveld.  Daar is ‘n manier om soetveld te bestuur en te benut om voertekorte óf te voorkom óf tot die minimum te beperk.  Daarbly is deur navorsing en in die praktyk bewys dat dié stelsel, veldproduksie gras-spesie samestelling en drakrag betekenisvol verhoog.  EN dit is maklik, dit kos jou niks behalwe om die besluit te neem en die stelsel te implementeer nie skryf dr. Arno Moore! 


IMPLEMENTERING VAN DIE STELSEL

 Aannames:

  • Duur van die groeiseisoen is prakties 4 maande (een derde van die jaar).  In hierdie 4 maande (Desember – Maart) moet die veld genoeg produseer vir 12 maande se beweiding.
  • Veldproduksie varieer van groeiseisoen tot groeiseisoen.  Daarom is wisselende veeladings onafwendbaar.

  • Beweiding van veld vir een groeiseisoen, opgevolg deur twee periodes van langdurige rus in die groeiseisoen, sal tot veldherstel lei.  Hiermee saam verhoog grasproduksie en drakrag.

  • Beweiding gedurende die dormante seisoen is nie nadelig vir die veld nie.

Stap 1

·         Identifiseer en karteer die verskillende veldtipes op die plaas.

  • Verdeel elke veldtipe in drie dele met gelyke drakrag en gebruik hierdie verdelings om die plaas in derdes te verdeel waarin elke veldtipe verteenwoordig is (blokke 1, 2 en 3).
 Stap 2
Verdeel die jaar in drie seisoene:
  • Groeiseisoen:                   Desember – April (5 maande)
  • Winter                   Mei – Augustus (4 maande)
  • Lente                     September – November (3 maande)

Die verdeling van die jaar in hierdie seisoene maak voorsiening vir voervloeibeplanning sodat voldoende voer beskikbaar is regdeur die jaar.  Die oneweredige verdeling van 5 maande; 4 maande en 3 maande het ten doel om voorsiening te maak vir weidingsverliese as gevolg van wild en termiete asook ‘n afname in die voedingswaarde van die grasse.

  Stap 3 – pas die volgende weiprosedures toe:


1)           Die verskillende gedeeltes word sistematies in alternatiewe seisoene bewei:
·         Jaar 1 Blok 1 – groeiseisoen ; Blok 2 – winter ; Blok 3 - lente
·         Jaar 2 Blok 2 – groeiseisoen ; Blok 3 – winter ; Blok 1 – lente
·         Jaar 3 Blok 3 – groeiseisoen ; Blok 1 – winter ; Blok 2 – lente

2)           Na drie jaar herhaal die siklus himself en veld wat in die groeiseisoen bewei is, word dus vir die volgende twee opeenvolgende groeiseisoene gerus.

3)           Alle vee word beperk tot die een derde van die plaas wat in die spesifieke seisoen bewei word.

4)           ‘n Kamp in ‘n blok word tot ‘n voorafbepaalde intensiteit bewei en die tydperk wat die diere in die kamp bly hang af van die beskikbare weidingsmateriaal en die handhawing van aanvaarbare diereprestasie.

In die groeiseisoen kan diere terugkom na ‘n kamp wat vroeër in die groeiseisoen bewei is indien voldoende hergroei plaasgevind het.  Deur rekord te hou van die aantal diere en getal dae wat die diere in ‘n bepaalde kamp deurbring, kan daar mettertyd uit die kamprekords ‘n goeie idée verkry word van die dravermoë van die verskillende kampe op ‘n plaas.



BESTUUR VAN SOETGRASVELD





Soetgrasveld het twee belangrike eienskappe:


1)   smaaklik met genoeg voedingswaarde vir goeie diereprestasie (positief)
2)  wisselvallige produksie met onbetroubare reënval-patrone (negatief)

Daarom ‘n groot en voortdurende gevaar van periodieke voertekorte, wat dan in die volksmond, droogtes beteken.
HOE MOET EK MY VELD BESTUUR VIR:
1)   Optimale produksie = moet goeie veldproduksie kry
2)  ‘n Stabiele voervloei op veld = haal die raaiwerk uit – beperk die periodieke voertekorte
Navorsing het bewys


·        die noodsaaklikheid van volle groeiseisoen rusperiodes vir volgehoue hoë veldproduksie.
·        Die waarde van geruste veld as voerbron in opvolgende droë seisoene. 
Die beginsels is die basis van ‘n benadering tot veldbestuur wat neerkom op voervloeibeplanning op veld alleen.
DIT IS EENVOUDIG EN KOM NEER OP:
·        Die indeling van jou plaas in drie gelyke blokke.
·        Benutting van een blok in die groeiseisoen (Desember – April)
·        Benutting van die ander twee blokke in die Winter en Lente.
·        Rotasie van blokke in terme van tyd van benutting oor ‘n drie-jaar periode.
·        Die aanpas van veebestuur – lamtyd, veegetalle by die stelsel.
Baie belowend

i)         veld-samestelling verbeter
ii)        veld-produksie verhoog
iii)       diereprestasie goed
iv)       gevaar van voertekorte drasties verlaag
EN:
i)          dit kos niks
ii)            doen dit net!  (NIKE – Just do it!)