Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!
Showing posts with label Grondbestuur. Show all posts
Showing posts with label Grondbestuur. Show all posts

Tuesday, January 26, 2016

Praktiese Boerderywenke vir Ekonomiese Volhoubaarheid




#Landbouers produseer  binne ‘n lewendige omgewing waar die klimaat ‘n geweldige  invloed op grond, weidings en water uitoefen en die suksesvolle bestuur hiervan  sal noodwendig daarvan afhang of sekere  langtermyn ekonomiese en sosiale beginsels nagekom word. 

 Dit beteken onder andere dat daar ‘n ordentlike plan, wat ‘n #risiko- en #moniteringsplan insluit, vir bykans elke faset van ‘n boerderystelsel moet wees.  

Die eerste fokus val op die #volhoubaarheid van u boerderystelsel.  Elke plaas lyk anders en daar is spesifieke uitdagings wat oorkom  moet word. ‘n Beste praktyk is eenvoudig om ‘n geskrewe plan met die hulp van u #plaaskaart op te stel .  Die volgende vrae kan met die opstel van die plan help.


1.       1. Wat is die toestand van my grond in terme van #beweiding, #beskutting,# indringerplante en #gronderosie en is daar iets wat daaromtrent gedoen moet word.
2.     2. Wat is die verwagte impak van #klimaatsverandering op my boerdery en is daar ‘n plan om die invloed daarvan te bestuur.
3.        3.  Is sensitiewe areas in terme van fauna en flora identifiseer en word dit korrek bestuur.
4.       4.  Is daar voldoende #water en is daar ‘n risiko dat dit besoedel mag raak.
5.       5.  Bestaan daar ‘n #brandgevaar

        6.   Hou die gebruik van chemikalie en sintetiese misstowwe ‘n risiko in en is my #afvalbestuur volgens wetgewing.
7.        7. Word energie doeltreffend gebruik en word die gebruik van fossielbrandstof beperk.
8.        8.   Wat is die potensiaal van #herwinbare energie en kan dit infasseer word.

Prioritiseer u planne op grond van die volhoubaarheid daarvan en volgens  ekonomiese realiteite.

Die tweede fokus val op die saamstel van ‘n omvattende en opwindende  #finansiële plan met die oog op berekende doelwitte en geleenthede.  As daar  oorhoofs na gekyk word behels dit eenvoudig dat daar ‘n gewoonte daarvan gemaak moet word om  onder andere die volgende begrippe uit te leef;

1.   Bestaan daar ‘n medium en langtermyn visie vir die boerderyonderneming inagggenome  nasionale en internasionale veranderlikes soos grondgebruik,  beskikbaarheid van water , energie, verwagte wetgewing en verskuiwings op die gebied van die kwaliteit van en  behoeftes vir jou produksieartikel, wol en vleis.
2.        Bestaan daar ‘n bemarkingstrategie om die meeste te verdien vir die produkte wat produseer word.

  Word moontlike ekonomiese bedreigings identifiseer en is daar ‘n plan om dit teen te werk.
U verwagtings en planne moet altyd volgens die ekonomiese haalbaarheid daarvan prioritiseer word.  ‘n Finansiële plan soos almal seker daaraan gewoond  is sluit natuurlik ook die gedeelte oor die “nuts en bolds”  in en waar daar vir aanpassings  voorsiening gemaak is.
·   ‘n #Kontantvloei #begroting wat  jaarliks volgens beraamde uitgawes en inkomstes opgestel word en deurlopend hersien word.
·       Die opstel van ‘n voorspelde bateprofiel in terme van finansieringbehoeftes.
·       Word gebeure op die finansiële front op ‘n deurlopende basis gemonitor.

‘n Derde fokus area waarsonder die boonste twee gladnie doeltreffend toegepas kan word nie is die noodsaaklikheid van toeganklike en interpreteerbare #rekordhouding .

Besigheidsbesluite kan geneem word as die volgende inligting bekikbaar is;
1.        Wat is die produksiepotensiaal van die boerderyeenheid en tot waar kan dit verhoog word.
2.        Wat is produksie per hektaar (waar dit van toepassing is) in terme van wol en vleis, wat is die potensiaal en wat is die kostes daaraan.
3.        Word die redes en insidente van elke veeverlies aangedui.  Sonder die inligting sal ekonomies regverdigbare regstellings moeilik indien nie onmoontlik wees nie.
4.        Word  afsonderlik rekord van uitgawes en inkomstes gehou  om die verhoudelike doeltreffendheid van die boerdeystelsel te bepaal.
Die bogenoemde drie fokusareas is gerig op ekonomiese besluitneming 

Met dit alles is daar ‘n vierde fokusarea wat net so belangrik is.  Die kanse op ekonomiese sukses sal groter wees in ‘n omgewing waar die werkgewer gelukkig is en waar die werknemers respekteer word.  Sosiale klem kan onmoontlik nie net op die welstand van werknemers geplaas word nie en gelukkigheid kom nie vanself nie.  Daar moet noodwendig vir strewes, geleenthede en dissipline voorsiening gemaak word.  Die volgende vrae kan gevra word en besluite kan  hiervolgens geneem word;

Wat die kwaliteit van lewe betref,
·         Word daar voldoende tyd vir familie en vriende opsy gesit.
·         Word daar vir ruskansies en ‘n jaarlikse verlof beplan.
·         Is daar ‘n bewustheid om by die gemeenskap betrokke te raak.

Wat #mensebestuur betref,
·         Is werknemers gemaklik en het hulle die  selfvertroue om vergaderings oor hulle eie behoeftes in die werksplek te hou.
·         Het elke werknemer ‘n persoonlik gestelde doelwit waarvolgens hy sy dag kan bestuur sodat dit hom kan help om spanning te verlig.
·         Word daar jaarlikse prestasie doelwitte aan elke werknemer gestel, is die werksprogram duidelik en is daar ‘n stelsel van individuele erkenning.


Saturday, October 25, 2014

Timetable - Cultivated pastures (South Africa)



Sheep on Lucerne - Skape op Lusern


Rooster - Aangeplante Weiding

Die koeie vreet mengsel van groen lusern, groen hawer/ryegrass, mieliemeel, sojaoliekoek, katoensaad en minerale. 57% kragvoer teenoor 43% ruvoer op DM basis bereken. - Gerdie Landman - Mooimelk Koeihotel, Kookhuis, Oos-Kaap. 




Wednesday, July 16, 2014

Die Koolstof-siklus en grondbedekking


Grond is ʼn hernubare bron en om nuwe grond te “groei” is baie soos om ʼn boom te laat groei.  Albei prosesse benodig koolstofdioksied (CO2), water en lig wat energie verskaf vir die produksie van fotosintetiese materiaal.  In bome verbind die koolstof wat uit die atmosfeer geïsoleer word met ander elemente om nuwe hout (selle) te vorm terwyl koolstof wat die boonste grondlae via plante bereik, met minerale partikels bind om weer nuwe bogrondlae te vorm. Diere, dink aan wol, en mikrobes vorm ʼn belangrike deel van hierdie siklus. Hierdie proses waar nuwe bogrond gevorm word vereis dus dat meer koolstof in grond gestoor word as wat na die atmosfeer verloor word.

Die Koolstof-siklus

Alle lewende dinge vorm deel van die koolstof siklus en koolstof word voortdurend omgeskakel gedurende die natuurlike siklus van geboorte, groei, afsterwe, ontbinding en hergeboorte.  Koolstof sirkuleer dus die hele tyd tussen plante, diere, grond, mikrobiese organismes, die atmosfeer, riviere en oseane.  Koolstofatome wat op hierdie oomblik in ons liggame is was dalk baie jare gelede deel van ʼn plant, dier of in die grond.  Die menslike liggaam bestaan bv. uit ongeveer 18% koolstof, hout uit 50% en die organiese komponent van grond is omtrent 58%.

In ʼn gesonde ekosisteem is “lewende” grond ʼn dinamiese deel van die koolstof-siklus.  Koolstof beland in die grond as deel van uitskeidings deur plantwortels, of deur die ontbindingsproses van dooie plante en diere.  Hierdie koolstof dien as brandstof vir biologiese prosesse wat die struktuur van grond verbeter wat terselfdertyd die suurstof vlakke verhoog en vogretensievermoë van grond verbeter.

ʼn Algemene denkfout is dat koolstof hoofsaaklik in bome voorkom, maar in werklikheid is 82% van koolstof in die biosfeer in die grond.  Grasvelde kan tot 100 keer meer koolstof in die grond as in die gras self hê.

Wat is ʼn Koolstof-poel?

Wanneer CO2 uit die atmosfeer verwyder word, word dit in die biosfeer (op die aarde) gestoor as organiese of anorganiese koolstof.  Hierdie koolstof is dan geïsoleerd.  Plekke waar koolstof gestoor word, word kan koolstof-poele genoem.  Die aarde se grond bevat drie maal meer koolstof as die atmosfeer en vier keer meer as groen plante.  Grond is dus die grootste koolstof-poel wat die mens kan beheer.  Deur die aanplantings op grond te bestuur, bepaal dus of die grond ʼn organiese koolstof-bron, (dus ʼn netto verlies) of ʼn koolstof-poel (m.a.w. ʼn netto wins) vir atmosferiese koolstof is.

Grond is die grootste deel van ons biosfeer waaruit koolstof oor die jare verlore gegaan het terwyl dit die komponent met die grootste potensiaal vir koolstof-storing is.  Baie min navorsing is daarop gemik om die isolering van koolstof in grond te bevorder.

Sowat 50-80% van die koolstof in boonste grondlae het verlore gegaan en dikwels a.g.v. die verlies van die bogrond self.  Boerdery aktiwiteite veroorsaak steeds dat koolstof uit die grond verlore gaan en produsente spandeer baie tyd en geld om gewasse te produseer op “dooie” grond.  Die akkumulering van koolstof in grond is positief gekorreleerd met temperatuur, reënval en grondbestuur.  Koolstof word makliker gestoor in koel, klam grond as in droë, warm grond.  Hoewel die produsent nie beheer het oor die reënval en temperatuur nie, kan hy die infiltrasie van water, vogretensie en buffering van grond en ook grondtemperature merkbaar verbeter deur die aanplantings op die grond reg te bestuur.

Die noodsaaklikheid van grondbedekking   
                                                        


Grondbedekking sluit in plante, plante-afval en stoppels.  Groen plante vorm die leikanaal vir koolstof vanaf die atmosfeer na die grond.  Deur die proses van fotosintese word koolstof deur plante omgesit na verskeie koolstof-verbindings wat weer deur die wortels in die grond uitgeskei word.  Grond waarop meerjarige weidings aangeplant is kan tot 350 ton koolstof per hektaar bevat wat weer hoë vlakke van mikrobiese aktiwiteit tot gevolg het.

Dit is dus ʼn miskonsep dat koolstof wat uit grond verlore geraak het nie teruggesit kan word nie.  Dit kan d.m.v. regenererende boerdery en beweidings metodes wat weer lei tot die vorming van nuwe bo-grond.

Die bestuur van grondbedekking met die doel om koolstof-vlakke in grond te verhoog sal lei tot verbeterde grondstruktuur, meer poreuse grond met groter waterinfiltrasie, meer effektiewe gebruik van water en verbeterde water kwaliteit, groter isolering van stikstof en swawel, meer beskikbaarheid van fosfor en spoorelemente, verminderde insetkostes en verhoogde produktiwiteit.


Nuwe bo-grond word dus gevorm as die koolstof-vlakke in die grond verhoog.  Deur wisselbou met grane en weidings toe te pas en dus te sorg  dat daar altyd aanplantings op grond is, word wortelmassa en hulle uitskeidings in grond verhoog.