Natural Farming

Natural Farming

Soil - our connector!

Soil - our connector!

Saturday, February 8, 2020

Noodsaaklike Vereistes in verband met Teling.


By on 7:26 PM


Telingvereistes 
Elke teler moet aan die volgende vereistes voldoen:-

(1) Teel met die doel om 'n bepaalde standaard van voortreflikheid of ideaal te bereik.
(2) Teel alleen van ouers wat aan daardie ideaal of standaard van voortreflikheid voldoen.
(3) Teel van ouers, veral ramme, wat van opreggeteelde skape afstam.
(4) Volg 'n paringsbeleid wat gebreke van die ouers sal uitskakel in die geval van die nakomelinge.
(5) Ken elke individuele dier; dit vereis die hou van stamboekrekords.
(6) Ken die geskiedenis van die ras of tipe, sowel as die geskiedenis van die ramme en ooie.
(7) Soek die skape gereeld uit en hou die uitgegooides eenkant.
(8) Handhaaf 'n voldoende hoë standaard van voeding.

'n Stelsel vir die hou van rekords is 'n eerste vereiste, nie alleen ten einde betroubare individuele teelskape, ramme en ooie, wat betref kwaliteit en vrugbaarheid, te teel nie, maar ook om sekere families te teel wat sal uitblink in die eienskappe waarna die teler streef. Die gebrek aan sodanige rekords is dikwels oorsaak dat goeie teelooie uitgegooi word eenvoudig omdat hulle 'n onaantreklike voorkoms het as gevolg van siekte of 'n ander veroorsakende faktor.

Omsigtigheid,  wyse oordeel en  gesonde verstand moet uitgeoefen word met die aankope van teelmateriaal. Telers moet versigtig wees in hul voortsetting om steeds hoër liggaamsmassas na te jaag. 

Prof. Schalk Cloete (links, 'n spesialiswetenskaplike by die Landbou-Ontwikkelingsentrum Elsenburg buite Stellenbosch, sê kruisteling van woltipe-ooie met vleistipe-ramme word as 'n opsie gesien om risiko oor die wol- en vleis-kommoditeit te versprei. As kruisteling egter verkeerd geïmplementeer word, kan dit lei tot die besoedeling van wol en 'n verlies aan genetiese materiaal vir suiwer teling, waarsku Cloete.

Praktyke wat die winsdrywers beïnvloed?

Voeding —Kenners meen meer as 70% van 'n skaapkudde se reproduksie- en produksieprestasie word deur voeding bepaal  Gepaste voeding van skape is van kardinale belang indien 'n hoë produktiwiteit bereik wil word. Kry die voeding reg en al die ander dinge sal in plek val . Die fokus moet op voeding vir wins wees. Die winsgewendste skaapboere spandeer gemiddeld 21% van hulle bruto inkomste uit skaapboerdery aan voer terwyl hulle voeruitgawes (tot R330/ooi/jaar) gemiddeld 66 % van die totale uitgawes van hulle skaapboerdery uitmaak.

Bestuur.
Dit maak egter  nie saak hoe goed die prestasie van 'n kudde is nie, dit kan steeds deur seleksie verbeter. Genetiese vordering in reproduksie- en produksie-eienskappe is permanent en kummulatief..
Die afgelope paar jaar het groot wisselings in die verhouding tussen wol- en vleispryse voorgekom om vleisproduksie te bevoordeel. Genetiese verandering binne 'n ras is egter relatief stadig en alternatiewe strategieë moet oorweeg word om die korttermyn-voordele van verhoogde vleispryse te benut.
Praktiese advies

Gee voorkeur aan ramme wie se moeders die meeste lammers per lamkans gespeen het; hulle moeders se OPI moet positief wees, hoe groter hoe beter terwyl die geselekteerde ram se TWW-waarde ook positief moet wees. 
Om die hoogste lampersentasie te verseker, moet teelooie in 'n uitstekende kondisie (minstens 3.5 kondisiepunt) wees asook in massa toeneem met die aanvang van die paarseisoen.
•Die kondisie van die ooie met die aanvang van die paarseisoen is die belangrikste bepalende faktor van reproduksietempo van ooie). Energie (oftewel vetheid) "dryf" reproduksie, m.a.w. hoe beter die kondisie van die teelooie met paring, hoe hoër is die lampersentasie. Vir elke 1 kg wat 'n ooi swaarder met paring is, neem die lampersentasie met ± 1.5 tot 2.5 % toe.

Ander faktore wat ook in konvensionele produksiestelsels tot 'n verhoging in produktiwiteit kan bydra, is die verbetering van reproduksie in die ooikudde, asook die verhoging van die voerdoeltreffendheid van reproduserende ooie. Die moeilikheidsgraad van eersgenoemde word as matig aangegee. Navorsing op Elsenburg het bewys dat goeie vordering in reproduksie van skape daargestel kan word as daar doelgerig daarvoor geselekteer word, sê Cloete.


0 comments:

Post a Comment